Het jy gehoor?

Dewald Wasserfall se nuwe video: So eensaam soos die son

Dewald Wasserfall se nuwe album #EkEnJy is in September uitgereik en verkope het reeds goue status bereik. Nou is die eerste musiekvideo van dié album, ‘So eensaam soos die son’, eksklusief op SARIE.com te sien!

Die album het reeds meer as 20 000 eenhede verkoop en is in Dewald se woorde “‘n vars mengsel van pop, rock en elektroniese musiek met ‘n meer internasionale klank en wat spog met meer diverse temas”.

Die eerste enkesnit ‘Gebore om te lewe’ het reeds tot bo-aan Jacaranda FM se Afrikaanse Top 20 geklim en vaar ook goed op die stasie se KIA Top 20 waar dit meeding met internasionale treffers van kunstenaars soos Katy Perry, Ed Sheeran en Taylor Swift.

Die nuwe album spog met 14 splinternuwe Afrikaanse liedjies, asook ‘n Engelse bonussnit ‘All about me’. Dewald se kenmerkende skryfstyl skemer deur op snitte soos ‘Amsterdam’, ‘Hart van Stof’ en ‘Weer probeer’. Meesterskrywers Johan Vorster en Christoph Kotze het ook bygedra.

Wat lê voor in 2015?

  • Die Jukebox-bootreis
  • ‘n Buitelandse toer in die pyplyn.
  • Hy sing op  Noot vir Noot kan in die seisoen

Om op die hoogte te bly van Dewald se loopbaan, volg hom gerus op Twitter by @DewaldWasserfall.