FOTO: Marijke Willems

FOTO: Marijke Willems

Het jy gehoor?

Diaan Lawrenson: ‘Vroue moet gedrewe wees in ons samelewing’ #vrouemaand2015

Diaan Lawrenson is veel meer as net Paula van 7de Laan – sy doen baanbrekerswerk as vervaardiger, wil haar meestersgraad doen én wil haar dogter as ’n sterk vrou groot maak. 

Hier volg ’n uittreksel uit ons onderhoud met Diaan in die Augustus-uitgawe van SARIE.

As Diaan vir énigiets ’n vlag dra, is dit vir hoe ons ons dogters in Suid- Afrika grootmaak – en hulle dikwels in ’n boksie druk. “Ek is nou die dag ingeroep deur een van Olivia se juffrouens, ’n wonderlike onderwyser, wat my vertel het Olivia is te gedrewe. Toe sê ek ek hoor nie ’n probleem nie. Dit het toe uitgekom Olivia moet leer om haar beurt af te wag, wat ek moes sluk. Maar ek gaan nie aan my kind se passievolle persoonlikheid raak nie.

“As seuntjies só maak, dink mense hy’s ’n leier, maar ’n dogtertjie is te gedrewe.”

Diaan en haar oudste, Olivia

Diaan en haar oudste, Olivia

“Vroue moet gedrewe wees in ons samelewing, maar nét genoeg. Daar is ’n persepsie dat jy soos ’n man moet optree as jy sy werk wil doen, daarom is daar ook nog min vroue wat byvoorbeeld vervaardigers en regisseurs word. Maar dit verander tog stadigaan, en ek dink ons beweeg in die regte rigting in ons land.”

AUG cover nuwe mashoof Diaan lawrenson en Desiré gardner augustus 2015