FOTO: Donovan Roets Photography

FOTO: Donovan Roets Photography

Het jy gehoor?

Diaan, Milan, Cindy en hul kleingoed

’n Ma se liefde vir haar kinders kan dikwels in een foto vasgevang word. Wie kan die 2013-foto van Kate Middleton vergeet, toe sy in haar blou rok met prins George voor die St. Mary-hospitaal in Londen gestaan het? Of vir Diaan Lawrenson wat vir klein Olivia op die voorblad van SARIE (Oktober 2010) vasgehou het?

Die hertogin van Cambridge neem sommer self haar twee kinders af.

FOTO: Instagram / @KensingtonRoyal

FOTO: Instagram / @KensingtonRoyal

FOTO: Instagram/@kensingtonroyals

FOTO: Instagram/@kensingtonroyals

Party van ons is gelukkig genoeg om  ʼn aspirant-fotograaf as familielid of as vriend te hê. Só kry jy dikwels informele en oulike foto’s van jou gesin. Maar baie mense verkies ’n professionele fotosessie vir amptelike gesinsfoto’s.

Om Moedersdag eerskomende Sondag te vier, het SARIE.com besluit ons wil hulde bring aan al die ma’s in die wêreld. Aan almal van julle, dankie, dankie vir alles. Ons is lief vir julle.

Ons het gaan kers opsteek by SARIE se fotograaf, Phyllis Green, wat al baie kinders in haar loopbaan afgeneem het. Die beste wenk wat sy het, is dat jy vinnig moet werk, want kinders raak gou moeg en geïrriteerd met ’n fotosessie. Probeer ook om die sessie so natuurlik moontlik te hou, want dan is die kinders ook meer op hul gemak. Beplan vooraf waar en hoe jy die foto’s wil aanpak.

Ons deel graag ’n paar bekendes se foto’s. 

Voormalige Mej. Suid-Afrika Cindy Nell is in Maart saam met  haar kinders, Ethan Keith Roberts (5) en Aenea Nell Roberts (3), by hul huis in Kampsbaai afgeneem. 

“Die liefde vir jou kinders is net iets wat jy kan verstaan as jy self kinders het. Dis byna ʼn hartbrekende liefde. Jy sal vir hierdie kind doodgaan. As my kinders lag of iets ouliks doen, is dit die gelukkigste wat ek al in my hele lewe gevoel het,” vertel Cindy aan Fanie Cronjé.

-  Foto geneem deur  Vanessa Correia,  www.meninamay.weebly.com

Cindy Nel  Menina & May

FOTO: Vanessa Correia by Menina & May

Diaan Lawrenson en haar dogter, Olivia Rose, is afgeneem deur Donovan Roets van Donovan Roets Photography in Pretoria. Die foto’s is vir die ontwerper Kobus Rautenbach van Kobus Rautenbach Couture geneem.

“Olivia is die slimste, mees eksentrieke meisie wat ek ken. Sy is wys en snaaks en haar empatie met mense en menswees ken geen einde nie. Ek het meer oor myself en die diepte van liefde geleer in die laaste 6 jaar as enige jare voor dit. Sy het my hart weer sag gemaak. Olivia en Thomas is my anker. Dit is my voorreg  en eer om haar ma te wees,” sê Diaan aan Fanie.

Rozanne McKenzie en klein James. Die foto’s is in Maart 2016 by hul huis in Johannesburg geneem deur haar man, Chris Bishop, wat ’n ywerige amateur-fotograaf is.

“James het van geboorte af my hart gesteel! Selfs toe ek swanger was, was ek totaal en al verlief op hierdie klein mensie. Hy laat my voel dat die lewe ’n doel het. En dis om die mannetjie te sien grootword en ontwikkel,” sê sy aan Fanie.

Rozaan

FOTO: Verskaf

Aktrise Milan Murray en Lua, toe 6 maande, afgeneem deur Francois Booysens by sy ateljee in Johannesburg in April 2009.

“Ek wens vir my kinders ’n wêreld waarin hulle sonder diskriminasie kan wees net wie hulle wil,” vertel Milan.

Milan Murray

FOTO: Francois Booysens

Drie generasies: Suzette van der Merwe saam met haar ma, Jeanne, en haar dogter, Skye. Die foto’s is in 2014 deur die fotograaf Kevin Mark Pass in Johannesburg afgeneem.

“Ek wil nie hê Skye moet in my voetspore volg nie, ek wil hê sy moet die pad langs my loop en groter en beter dinge bereik as wat ek ooit vir myself kon droom!,” is Suzette se versugting.

FOTO: Kevin Mark Pass

FOTO: Kevin Mark Pass

FOTO: Kevin Mark Pass

FOTO: Kevin Mark Pass

Aktrise Erica Wessels as 6-jarige saam met haar ma, Helèné, pa, Erich, haar broer en drie susters by hul huis in Ferndale, Johannesburg.

“My ma was into groentesappe en quinoa lank voor dit in die mode was. Sy is kreatief en kunstig en het ons blootgestel aan toer, kuns, musiek en die estetiese dinge in die lewe,” vertel Erica.

Erica Wessels

Lika Berning met Hugo (4) en Jessie ( 7 maande).

“Om ’n kind groot te maak besef jy hoe belangrik geduld is.  Jou kinders en gesin is nou grootste prioriteit! Ek weet nie wanneer laas ek ’n pedikuur gehad het nie.”

FOTO: Verskaf

FOTO: Verskaf

FOTO: Verskaf

FOTO: Verskaf

 

Moedersdag-geskenkidees

Moedersdag-geskenkidees onder R250

6 bederfprodukte vir Moedersdag

20160429_VGB Tag

Lees nou

Kerry Washington is swanger

Prinses Charlotte is een!

Bekendes swanger en stylvol