Het jy gehoor?

Diana: 15 jaar ná haar dood

Dit is 15 jaar sedert die wêreld op 31 Augustus 1997 in skok was oor die skielike heengaan van een van die mees geliefde koninklikes. Prinses Diana, ma van prins William en prins Harry, het saam met haar kêrel, Dodi Al-Fayed, in Parys verongeluk.

15 jaar ná haar dood het haar broer, graaf Charles Spencer, en sy vrou hulle eerste babadogter saam na haar vernoem. Charlotte Diana Spencer is vroeër hierdie maand gebore en is “nog ‘n vurige Spencer-meisie”. Dit is graaf Spencer se 7de kind.

“Ons het nie voor haar geboorte op ‘n naam besluit nie,” het hy gesê. “Maar toe ons haar vir die eerste keer sien, het ons geweet dié naam is perfek en pas haar goed!”

Diana

Prinses Diana se nalantenskap leef voort deur haar seuns, prins William en prins Harry, wat keer op keer al bewys het dat hulle hul ma se goeie werk voortsit. Sy het as ma gesorg dat hulle ‘normale lewens’ binne die koninklike bestaan het. Beide William en Harry leef dit elke dag uit.

Kyk na die foto-huldeblyk by hellomagazine.com

[box:full:red:both]

Diana-fliek

‘n Film oor Diana se lewe, met Naomi Watts in die hoofrol, word in Februarie 2013 vrygestel. Dit is die storie soos vertel deur Diana se lyfwag van al die jare, Ken Wharfe.

Naomi Watts as Diana

[/box]

  • Lezette Snyman

    Mens kry maar nog steeds ‘n knop in die keel, wat ‘n pragtige mens!! Dink sy sou ontsettend trots op haar seuns gewees het…

  • Rosa

    Ek stem saam met @Lezette dat ek nog steeds, na al die jare, ‘n knop in my keel kry wanneer mens oor haar lees of terug dink aan hoe ons elke nuusbrokkie oor haar verslind het! En nou wanneer ons haar pragtige seuns sien opgroei het, is ons dankbaar dat William so ‘n pragtige vrou gekry het en weet ons hy sal ‘n gelukkige lewe kan lei. Ons kan net bid dat Harry homself sal uitwoed en dat daar ook ‘n spesiale vrou in sy lewe sal kom wat hom kan vervul en aanvul.

  • Ella

    My ma het my van kleinaf vertel van hierdie wonderlike vrou, sy het vri my n video gekoop van diana se lewe.Tot ek het n knop in die keel gekry, wel elke keer as ek dit kyk.

  • Theresa

    Ek stem saam met Lezette dat sy ontsettend trots op hulle gewees het!