FOTO Instagram / @voguemagazine

FOTO Instagram / @voguemagazine

Het jy gehoor?

Deure van Diana en Coco Chanel se Ritz-hotel weer oop

Die bekende vyfsterhotel waar prinses Diana en Dodi Fayed hul laaste nag in 1997 deurgebring het, gaan uiteindelik ná 4 jaar weer oopmaak. En die nuwe Ritz-hotel in Parys, Frankryk, is nóg luukser as voorheen.

Die hotel het in 1898 die eerste keer geopen. Bekendes, wat akteurs, sangers en politici insluit, het in die gange gekuier. En jare lank was dit een van die plekke waar jy eenvoudig gesien móés word. Die skrywers Ernest Hemingway en F. Scott Fitzgerald was dikwels gaste en die hotel verskyn selfs in van hul boeke. Dit was ook modeontwerper Coco Chanel se tuiste.

In 2012 is die hotel vir reuse-opknappings gesluit. Toe in Januarie vanjaar, skaars twee maande voor dit weer sou open, het ’n brand op die sewende verdieping uitgebreek, berig The Telegraph.

Die modetydskrif Vogue het ’n eksklusiewe fotosessie in die nuwe, opgeknapte Ritz gehou. Kyk na die fotosessie hier.

Die opknappings het glo $200 miljoen (sowat R2,9 miljard) gekos! En een van die Ritz se hoogtepunte is die Chanel-skoonheidskamer, waar jy met dié skoonheidshuis se gesogte velsorgreeks gepamperlang word.

Kyk net die kamers …

Van die hotel se luukse kamers is vernoem na bekendes wat eens daar gebly het. Soos die operasanger Maria Callas en Hollywood-ikoon Charlie Chaplin.

FOTO Ritz-hotel

FOTO Ritz-hotel

FOTO Ritz-hotel

FOTO Ritz-hotel

FOTO Ritz-hotel

FOTO Ritz-hotel

FOTO Ritz-hotel

FOTO Ritz-hotel

Jan en Alleman sal ongelukkig net kan droom om in dié hotel te bly. ’n Nag in die Ritz kan jou tot €1 601 (sowat R27 000) uit die sak jaag. En dis nie eens die luukse kamers nie!

Besoek die Ritz vir meer inligting.

Hier is van die Ritz se bekendste gaste

Coco Chanel

Eva Perón

Sir Elton John

Madonna

Richard Gere

Kevin Costner

Sir Paul McCartney

Bronne: The Telegraph

 Lees ook

Eagles se Glenn Frey sterf