FOTO: Mario Testino

FOTO: Mario Testino

Het jy gehoor?

Diana se grimeerkunstenaar onthul prinses se skoonheidsroetine

Prinses Diana se voormalige grimeerkunstenaar, Mary Greenwall, het 15 jaar ná haar dood gesels oor dié prinses se skoonheidsroetine. Só berig Hellomagazine.com.

Diana word steeds beskou as een van die wêreld se grootste skoonheidsikone en, vertel Greenwall, haar huwelik met prins Charles was die begin van dié era. “Sy was die ‘n sagte, goedhartige vrou. Dit was ‘n groot eer om daardie jare met die toekomstige koningin te werk,” vertel Greenwall.

SARIE-grimeerkunstenaar, Algria, deel haar geheime

medium_0_diana_200w.jpg

“Tydens ons eerste fotosessie het ek haar oorreed om nié meer blou oogskadu of ‘n blou oogpotlood te gebruik nie. Van toe af was sy oop vir voorstelle,” vertel Greenwall. “Sy het ‘n oop gemoed oor haar styl gehad en vinnig besef hoe belangrik goeie grimering en haarstilering is. Niemand moet dit ooit onderskat nie,” het Greenwall gesê.

Diana

“Haar vel was vlekkeloos, en hoewel sy dit goed versorg het, was dit maar gene,” het Greenwall bygesê. “Sy’t altyd saans haar gesig gewas en seker gemaak haar vel is skoon voor ons met die grimering begin het. En met ‘n goeie vogroom, ‘n onderlaag, maskara en ‘n lipstiek vir die dag, was sy gereed vir enige geleentheid.”

Lees die volledige artikel hier

LEES NOG

Internasionale grimeerkunstenaar: Ek is nie mal oor ’n sterk kleur vir vroue met dunner lippe nie.” 

SARIE-grimeerkunstenaar, Algria, deel haar geheime