diana_rokke
Het jy gehoor?

Diana se mooiste rokke uitgestal

Die uitstalling wat genoem word Diana: Glimpses of a Modern Princess, is een van talle wat gehou word ná die onlangse restourasie van die Kensington-paleis teen ‘n bedrag van sowat £12 miljoen (sowat R145 miljoen).

Die hoogtepunt van dié uitstalling is ‘n swart Elizabeth & David Emanuel-rok, wat sy in 1981 na die Royal Opera House gedra het.

Nóg ‘n ster van die versameling is ‘n swart Versace-rok van sy, wat sy in 1995 na die Londense première van die fliek Apollo 13 gedra het.

Besoekers kan ook uitsien na ‘n ivoorkleurige aandrok, ‘n skemerkelk-rok en ‘n chiffon-sari.

Die uitstallings en restourasie val saam met koningin Elizabeth II se diamant-jubileumjaar, ‘n viering van haar 60 jaar op die troon.