Diana
Het jy gehoor?

Diana se testament: Wie het wat gekry

Diana, die wyle prinses van Wallis se laaste wense nou is publieke kennis, berig E!Online

Alhoewel dié dokumente al lank vir die publiek beskikbaar is in harde kopie, maak digitale weergawes daarvan dit nou selfs nog meer toeganklik. Dit kom na samewerking tussen die Tribunaal-dienste, HM-howe en die stoorfasiliteit by Iron Mountain, om bekendes en histories-belangrike persone se testamente meer toeganklik te maak vir navorsing.

Na Diana (36) in 1997 in ’n motorongeluk gesterf het, het haar testament gesê die grootste gedeelte van haar $40 miljoen-boedel moet aan haar kinders, William en Harry, gaan. Beide haar seuns het hul erfporsie op hul 30ste verjaarsdag ontvang.

Harry het ook sy ma se trourok geërf, terwyl William sy ma se verloofring gekry het. Kate, William se vrou, dra nou dié 18 karaat saffier en diamant-ring.

Diana se 17 peetkinders het verskeie items ontvang, insluitend ’n antieke klok en skilderye.

Sy het ook $95,000 kontant vir haar vriend en hoofbediende, Paul Burrel, gelos.

Diana se tweede kleinkind word tussen middel en laat April verwag.

Bron: E!Online

Lees ook