Diana
Het jy gehoor?

Diana ‘wou altyd ’n dogtertjie hê’

Met die geboorte van Kate en William se tweede baba, Charlotte Elizabeth Diana, is dit moeilik om nie aan haar wyle ouma, Diana, te dink nie. People berig dat die prinses van Wallis ‘altyd ’n dogtertjie wou hê’. 

Patrick Jephson, Diana se voormalige vriend en private sekretaris, het met dié tydskrif gesels: “Diana het in vriende en kollegas se vreugde gedeel wanneer hulle kinders gebore word.”

“My dogters is albei gebore terwyl ek vir prinses Diana gewerk het. Sy het meer as een keer gesê dat ek gelukkig is om dogters te hê,” het Patrick bygevoeg.

Diana se voormalige lyfwag, Ken Wharfe, het ook met People oor die nuwe prinses gesels: “Hierdie oomblik sou vir Diana wonderlik gewees het.”

Ken het ook vir William geprys vir die wyse waarop hy sy ma se nalatenskap laat voortleef: “Dit [om die baba ook na Diana te vernoem] is ’n wonderlike manier om te sê jy kan nie my ma uit die koninklike geskiedenis uitvee nie.”

Bron: People

Lees ook