FOTO: Instagram  @dianekrugerperso

FOTO: Instagram @dianekrugerperso

Het jy gehoor?

Diane Kruger besoek SA vir goeie doel

Die aktrise Diane Kruger, wat veral bekend is vir haar rol as Helen in die fliek Troy, is nie net ’n mooi gesig nie. Sy was verlede week in Kaapstad waar sy saam met die nie-winsgewende organisasie Global Fund verskeie MIV/vigs-projekte besoek het. 

Haar werk saam met Global Fund fokus veral op die stryd teen MIV/vigs, tuberkulose en malaria.

 

Diane het op haar Instagram-blad foto’s van haar doen en late gedeel. Sy het onder meer ThembaCare op Grabouw besoek. “Ek het vandag regte engele ontmoet. Hulle is vroue wat onverpoos werk om pasiënte met MIV/vigs te versorg en hoop te gee. Hulle het my geïnspireer om meer te doen.”

Die Thembalitsha Foundation het op dié boodskap gereageer: “Dit was ongelooflik om jou vandag te ontmoet. Dit het die personeel baie gemotiveer. Jou welwillendheid is aansteeklik.”

Aan die einde van haar besoek in SA het sy op Instagram geskryf: “Ek sal nooit die stories wat ek gehoor het, of die mense wie ek ontmoet het, vergeet nie. Ek kan nie wag om terug te kom nie.”

  A photo posted by Diane Kruger (@dianekrugerperso) on

Hier is nog foto’s van haar besoek aan SA

Mooie Tafelberg

A sign of good things to come

A photo posted by Diane Kruger (@dianekrugerperso) on

Diane was ook by die akwarium by die V&A Waterfront

The day Nemo nearly ate me :) #decompressing #playtimeisimportant A photo posted by Diane Kruger (@dianekrugerperso) on

Lees ook