Diane Kruger en haar kêrel,  Joshua Jackson 

FOTO Gallo Images / Getty Images

Diane Kruger en haar kêrel, Joshua Jackson FOTO Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Diane Kruger en Joshua Jackson ná 10 jaar uitmekaar

Ons het gedink dié een gaan hou. Diane Kruger en Joshua Jackson is al vir 10 jaar ’n paartjie, maar het hul verhouding buite die kollig gehou.

Albei akteurs se mediaverteenwoordigers het bevestig dat die verhouding verby is, maar dat “hulle vriende bly”.

Die paartjie is baie privaat en daag nie sommer saam by ’n geleentheid op nie. Hul laaste verskyning saam was in Februarie vanjaar by Joshua se Broadway-vertoning, Smart People (foto hieronder).

Voor dié verhouding was Diane vir 5 jaar getroud met die Franse regisseur Guillaume Canet.

Diane het hierdie Jimi Hendrix-liriek op haar Instagram-blad gedeel ná die nuus dat hul verhouding verby is.

A photo posted by Diane Kruger (@dianekruger) on

Bronne: People, Vanity Fair

Lees nou

Diane Kruger besoek SA vir goeie doel

EKSKLUSIEF! Diane Kruger vertel wat skoonheid vir haar beteken

Dié bekendes se huwelike hóú