Het jy gehoor?

DiCaprio gaan SA vrou se boek verfilm

Sy eie vervaardigingsmaatskappy Appian Way het saam met die vervaardigingsmaatskappy Media Rights Capital (MRC) die regte vir dié projek bekom, berig The Hollywood Reporter.

Lauren Beukes

Leo wil glo ‘n televisiereeks van dié verhaal maak. The Shining Girls speel af in Chicago waar ‘n reeksmoordenaar deur tyd reis om jong vroue te vermoor wat die potensiaal toon om suksesvol te wees.

Lauren Beukes

Hoewel die boek eers môre die rakke in die VSA tref, het Amerikaanse resensente dit goed ontvang. Lauren se vorige boek, Zoo City, se filmregte behoort aan ‘n Suid-Afrikaner, Helena Spring. Lauren sal glo self die draaiboek hiervoor skryf. Lauren is in 2011 met die internasionale Arthur C. Clarke-prys vereer vir dié roman.

Lauren Beukes

Beslis ‘n vrou wat Suid-Afrika se naam hoog hou!

Addisionele bronne: Die Burger

HET JY AL THE SHINING GIRLS GELEES? HET JY DAARVAN GEHOU?