audrey_hare
Het jy gehoor?

Die 5 mees invloedryke haarstyle nóg

Dit is daardie oomblik wat jy in ‘n teater of op die bank voor die televisie sit en verlief raak op ‘n haarstyl van een van die aktrises.

Wie kan byvoorbeeld die absolute fenomeen van die Rachel-haarstyl in die 1990’s vergeet toe vroue na die haarkapper gehaas het om Jennifer Aniston se Friends-haarstyl te kry?

Nou het Universal Pictures VK en die Haarkappersraad van die VK die top 5 flimhaarstyle identifiseer wat die meeste invloed op vroulike haarstyle gehad het.

In die vyfde plek is Molly Ringwald se haarstyl in The Breakfast Club (1985). Die kort rebelse styl en die kleur het die atmosfeer van die fliek én die tyd goed opgesom.

Molly Ringwald

Die vierde mees invloedrykste haarstyl is Veronica Lake se sagte krulle in The Blue Dahlia (1946). Dis sag, vroulik en romanties.

Veronica Lake

In die derde plek is die legendariese stylikoon Audrey Hepburn se klassieke haarstyl in Charade (1963).


Jennifer Aniston se Friends-hare is nie die enigste haarstyl wat vroue na hul haarkapper laat hardloop het nie. Ook haar vryegees-krulle in Along Came Polly (2004) het vroue geïnspireer om hul eie kapsel te verander.

Jennifer Aniston

En die mees invloedryke filmhaarstyl?

Anne Hathaway se kort haarstyl in die film One Day (2011).

Anne Hathaway

Het jy al jou hare laat sny of stileer nadat jy ‘n mooi styl in ‘n fliek gesien het?

Bron: Vogue