pamela anderson
Het jy gehoor?

5 vreemdste ‘celeb’-paartjies

Die publiek kan nie genoeg kry van bekendes wat op mekaar verlief raak nie. Maar sommige celeb-paartjies laat die wenkbroue lig. Mens wonder hoe op aarde het dié twee mekaar gevind. 

Hier is ’n paar sulke kombinasies:

Elizabeth Taylor en Colin Farrell

Volgens Huffington Post het Colin aan Ellen DeGeneres vertel dat hy en Elizabeth Taylor vir twee jaar lank ’n paartjie was voor haar dood in 2011. Die foto hierbo is verlede maand by ’n funksie van die Elizabeth Taylor Vigs-stigting geneem.

Tom Cruise en Cher

Cher het in 2008 erken sy en Tom het in die 80’s ’n romantiese verhouding gehad, berig Vogue.

Evan Rachel en Marilyn Manson

Die True Blood-aktrise en die eksentrieke musikant Marilyn Manson was volgens Entertainment Tonight in 2010 vir ’n paar maande verloof.

Pamela Anderson en Michael Jackson

Pamela Anderson en Michael Jackson het kort voor sy dood uitgegaan, berig Daily Mail.

Josh Groban en Kat Dennings

Die sanger Josh Groban en die Two Broke Girls-aktrise Kat Dennings is al meer as ’n jaar saam. Sy het ook aan Ellen DeGeneres vertel hulle het deur haar medester Beth Behrs ontmoet.

Gwen Stefani en Blake Shelton

FOTO: Instagram gwenstefani

FOTO: Instagram gwenstefani

Net die week het Gwen Stefani en Blake Shelton bekend gemaak dat hulle nou uitgaan. Blake is ’n bekende country-sanger en Gwen is bekend as alternatiewe rock-sanger.

Blake en sy vrou, die sangeres Miranda, het in Julie vanjaar ná ’n huwelik van 4 jaar aangekondig dat hulle gaan skei. Gwen en haar eksman, die musikant Gavin Rossdale, het ’n maand daarna hul huwelik van 13 jaar geëindig. 

 

Bronne: Huffington PostVogueDaily MailEllen DeGeneres en Entertainment Tonight.

Lees ook