FOTO: Instagram jessicaalba

FOTO: Instagram jessicaalba

Het jy gehoor?

Die 50 rykste vroue uit eie reg

Die Junie-uitgawe van die finansiële tydskrif Forbes spog met Jessica Alba op die voorblad. Dié uitgawe lys 50 vroue wat dit uit eie krag reggekry het om hulle as die rykstes in Amerika te vestig, berig E!Online.

Alhoewel Jessica nie die top-50 gehaal het nie, is sy aangewys as een van agt vroue om dop te hou. Haar onderneming, The Honest Company, vervaardig omgewingsvriendelike baba- en badprodukte, sowel as skoonmaakmiddels. Die grootste deel van haar geskatte $200 miljoen-bankbalans kom uit dié besigheid.

Nommer een op die lys is Elizabeth Holmes, die uitvoerende hoof van die mediese firma Theranos. Sy is $4,5 miljard werd.

Ander bekendes op die lys is Oprah (sy is vyfde), Madonna (28ste) en Beyoncé, wat die 49ste plek deel met Judge Judy se Judith Sheindlin.

Taylor Swift en Sandra Bullock is ook, soos Jessica, op die lys van vroue om dop te hou.

Jessica is die ma van twee dogters, Honor (7) en Haven (4). Sy het The Honest Company begin ná sy gesukkel het om omgewingsvriendelike produkte in die hande te kry terwyl sy swanger was.

Sy het die volgende op haar Instagram-blad gedeel:

 

Dit is die eerste keer dat Forbes dié lys publiseer.

Kry die volledige lys hier.

Bronne: E!Online en Forbes.com

Lees ook