fergie_michael_caulfield
Het jy gehoor?

Die 52ste Grammy-toekennings!

Dis die grootste aand vir musiek ter wêreld. Die 52ste Grammy-toekennings word eerskomende Sondag by Staples Center in Los Angeles gehou, en daar’s baie opwinding rondom al die sterre wat gaan optree. Dit word Maandagaand 1 Februarie om 21h30 op M-Net uitgesaai. Hier’s die lys van almal wat genomineer is vir vanjaar se Grammy’s.

Die sterrelys van optredes lyk só:

Beyoncé
The Black Eyed Peas
Dave Matthews Band
Green Day
Lady Antebellum
Lady Gaga
Maxwell
Pink
Taylor Swift
Zac Brown Band

En hier’s die aanbieders:

Kristen Bell
Justin Bieber (pop- en R&B-sanger)
Jeff Bridges (akteur)
Miley Cyrus (pop-sanger en aktrise)
Josh DuhameL
The Jonas Brothers
Norah Jones (9 keer Grammy-wenner)
Ke$ha (pop-sanger en liedjieskrywer)
LL Cool J (2 keer Grammy-wenner)
Ricky Martin (Grammy-wenner en 3 keer Latyns-Amerikaanse Grammy-wenner)
Carlos Santana
(10 keer Grammy-wenner en 2 keer Latyns-Amerikaanse Grammy-wenner)
Ringo Starr (9 keer Grammy-wenner)

Vir nog inligting, besoek die Grammys op Facebook, MySpace en Twitter. Die geleentheid word ook op die internet www.grammy.com and CBS.com, and on YouTube.

Michael Jackson vanjaar vereer

‘n Spesiale 3-D-huldigingsvertoning word vir Michael Jackson gehou, en volgens die organiseerders gaan dit die emosionele hoogtepunt wees. Celine Dion, Jennifer Hudson, Smokey Robinson, Carrie Underwood en Usher is van die sangers wat hom gaan huldig.

Het jy geweet?
Die liedjie “Oh Africa”, wat spesiaal vir ‘n Pepsi TV-advertensie geskryf is, word tydens die lewendige uitsending van die Grammy-naweek gespeel. Dis ook die premiere van die video. Keri Hillson en Akon het kragte saamgespan hiervoor. Die geld wat die liedjie maak, word geskenk aan organisasies wat Afrika-kinders help.