camerondiaz_getty_rz
Het jy gehoor?

Die 6 ‘celeb’-oefengiere

Kamma-branderplank

Cameron Diaz is ‘n aanhanger van die regte weergawe van branderplankry – en haar plat maag is ‘n bewys dat dit werk!

Die nuwe oefening ‘Surfset’ gee vir jou dieselfde voordele van branderplankry, maar sonder die water. Omdat die bord waarop jy staan (wat soos ‘n branderplankbord lyk) onstabiel is, forseer dit jou om jou maagspiere te gebruik om te stabiliseer. Nie net is dit goed vir jou maagspiere nie, maar met die reeks bewegings verbrand dit ook kalorieë.

Madonna

Madonna se persoonlike afrigter is ‘n aanhanger hiervan.

Die intense spin-klas

‘Flywheel’ is die nuwe manier om ‘n spin-klas meer intens te maak. Net nie ‘ry’ jy in dié 45 minute opdraend en afdraend nie, maar jy sit ook gewigte om jou arms, sodat jou biseps óók oefening kry.

Bethany Franklen

Sterre soos Bethenny Frankel (The Real Housewives of New York City) doen hierdie kardiovaskulêre oefening wat terselfdertyd spier bou.

Die inspirerende fiets-klas

Hierdie is ‘n spin-klas met ‘n verskil. Soos wat die liggaam oefen, word die gees ook geïnspireer en gemotiveer. Die instrukteurs gee inspirerende boodskappe terwyl die sweet loop.

Katie Holmes

Die nuuslesers Kelly Ripa en Anderson Cooper, asook Tom Cruise se eks, Katie Holmes geniet hierdie klasse.

Ballet-geïnspireerde oefening

Wie wil nie ‘n lyf soos ‘n ballerina hê nie? Allison Williams (Girls) en Vanessa Hudgens (High School Musical) doen gereeld Cardio Fusion Barre vir geoefende maagspiere, gespierde bene, mooi arms en boude – en natuurlik help dit om soepel te bly en gee vir jou ‘n goeie postuur. 

Allison Williams

Die alles-in-een

Die ‘Equinox’-klasse kombineer die nuutste dansmusiek met joga, pilates én dans. Boonop skree die instrukteur: “Jy is die mooiste vrou in Los Angeles! Glo dit!” Dié oefening laat jy jou nie net lyk soos ‘n ster nie, maar ook voel soos een.

Die dril-klas

Die oefening kombineer roei-masjiene, BOSU-balle, gewigte en kardiovaskulêre oefening vir ‘n oefensessie wat al die spiere oefen. Sterre soos Bradley Cooper glo in dit – en wie kan stry met daai lyf?

Bradley Cooper