heinz1
Het jy gehoor?

Dié Afrikaanse celebs kraai koning op Twitter

Die wêreld het vandeesweek behoorlik gegons oor Caitlyn Jenner! Die internet het so te sê gebreek oor die groot hoeveelheid mense wat die Vanity Fair-voorblad met Caitlyn, wat vroeër bekend was as Bruce Jenner, wou sien.

In die proses het Caitlyn, wat daardie dag haar nuwe Twitter-blad geskep het, ’n sosialemedia-rekord verbeter! Sy het binne vier uur ’n miljoen volgelinge gehad en tot op hede is daar 2,36 miljoen mense wat haar volg.

Sommige van ons Afrikaanse bekendes het ook derduisende volgelinge:

1. Bobby van Jaarsveld – 204 000

2. Steve Hofmeyr – 145 000

3. Karlien van Jaarsveld – 123 000

4. Jo-Ann Strauss – 101 000

5. Heinz Winckler – 100 000

6. Chris Chameleon – 95 000

7. Juanita du Plessis – 84 000

8. Elana Afrika-Bredenkamp – 71 300

9. Jay du Plessis – 63 500

10. Genevieve Morton – 61 700

Wie van hulle volg jy?

Lees ook