Francois Jocobs, Thapelo Sebogodi en Jenna Dunster in die dramareeks Donkerland wat ses benoemings vir die ATKV mediaveertjies gekry het
FOTO: verskaf

Francois Jocobs, Thapelo Sebogodi en Jenna Dunster in die dramareeks Donkerland wat ses benoemings vir die ATKV mediaveertjies gekry het FOTO: verskaf

Het jy gehoor?

Die Afrikaanse toekenningseisoen het afgeskop

SAFTA’s, Ghoemas, Kannas, Veertjies… die Afrikaanse toekenningseisoen het nou behoorlik afgeskop. Hier is die nuutste benoemings en nuus – én SARIE is ook benoem!

Die South African Film and Television Awards (SAFTA’s) het die afgelope naweek bevestig dat ons nou in die hart van die Suid-Afrikaanse toekenningseisoen is.

Ons Afrikaanse sterre het groot gewen by dié geleentheid met Antoinette Louw wat bekroon is as die beste aktrise in ’n vollengte-fliek vir haar spel as Elle Winter in Die laaste tango. Die 7de Laners se harde werk is ook beloon toe 7de Laan as vanjaar se gewildste sepie aangekondig is.

Antoinette Louw  FOTO: Willem Lourens

Antoinette Louw het die afgelope naweek die SAFTA vir beste aktrise in ‘n rolprent gewen
FOTO: Willem Lourens

Dit was egter net die begin van hierdie jaar se Afrikaanse toekenningseisoen met die Ghoema-toekennings wat Sondag plaasvind. Klik hier vir ’n lys van al die benoemdes by dié geleentheid.

Nadat die KKNK ook die afgelope naweek klaargemaak het, is die benoemings vir vanjaar se Kanna-toekennings bekend gemaak. Die debuutproduksies Dogma, Samsa-masjien en Rondomskrik het elk ses benoemings gekry – kyk hier na al die benoemings.

Intussen is die benoemings van die ATKV-Mediaveertjies ook op almal se lippe. Die wenners van dié toekennings sal op 9 Mei tydens ’n gala-geleentheid by Vodaworld in Midrand aangewys word. KykNET se drama-reeks Donkerland is vir ses Veertjies benoem en Kwêla is ook met ’n rits benoemings beloon.  SARIE se gesondheidsredakteur, Lydia van der Merwe, is ook vir ’n Veertjie benoem.

Radiopryse

Beste vermaaklikheids- of joernaalprogram

  • Martelize Brink – Oggend op RSG – RSG
  • Ettienne Ludick – Tempo op RSG – RSG
  • Johan Rademan – Reis Sonder Grense – RSG

Beste nuus- of dieptenuusprogram

  • Lynette Francis – Praat Saam: Dwelms in Eldorado Park – RSG
  • Angie Kapelianis – Mandela Nuusflits – RSG
  • Melissa Tighy – Monitor & Spesiale Uitsending: Mandela begrafnis – RSG

Beste radiodrama of –teater

  • Margot Luyt – Bagasie – RSG
  • Johan Rademan – Offer – RSG
  • Leon van Nierop – Radio-teater: Tsoenami Japan – RSG

Koerante

Indiepte-artikels/Ondersoekende joernalistiek

  • Willemien Brümmer – Die storie van skutter Luiters – By: Media24
  • Louise Ferreira – Ontmagtig, ontmens, ontman – By: Media24
  • Pieter-Louis Myburgh – Steroïde in die skrums – Rapport

Beste essay, rubriek of blog

  • Elsabe Brits – 16 Dae in die Saal van die Verlatenes – By: Media 24
  • Maygene de Wee – Meisie sterf na sy verkrag is – Die Burger
  • Piet Matipa – My gedagtes ken nét Afrikaans – Beeld

Beste gemeenskaps- of plaaslike koerant

  • Laevelder/Lowvelder – Redakteur: Irma Green
  • Potchefstroom Herald – Redakteur: Hennie Stander
  • Weslander – Redakteur: Helene Meissenheimer

Tydskrifte

Indiepte-artikels/Ondersoekende joernalistiek

  • Rochelle Barrish – ’n Ma wéét – Kuier
  • Ronel Nel – Dagboek uit Denmar – Rooi Rose
  • Lydia van der Merwe – Aandag asseblief! – SARIE

Beste persoonlikheidsprofiel

  • Hannelie Booyens – ’n Groot gees – Taalgenoot
  • AJ Opperman – Hulle noem haar liewe Verna … – Taalgenoot
  • Pieter van Zyl – Waar ons loop, sal hy loop – Huisgenoot

Beste leefstyl-storie

  • Arina du Plessis – Oor Oumas en erfkos – Landbouweekblad
  • Jaco Hough-Coetzee – Mier, plek van pyn en plesier – Huisgenoot
  • Bibi Slippers – ’n Wolhaarstorie in ses stemme – My Tyd: Rapport

Televisiepryse

Beste draaiboek vir ’n dramareeks of enkeldrama

  • Saartjie Botha & Deon Opperman – Donkerland
  • Hein Eksteen – Vloeksteen
  • Leon Kruger – Treknet

Beste regisseur vir ’n dramareeks of enkeldrama

  • Jaco Bouwer – Die Boland Moorde
  • Jozua Malherbe – Donkerland
  • Regardt van den Bergh – Vloeksteen

Beste akteur in ’n dramareeks of enkeldrama

  • Stian Bam – Die Boland Moorde
  • Quinton Krog – Vloeksteen
  • Gerard Rudolf – Donkerland

Beste aktrise in ’n dramareeks of enkeldrama

  • Jenna Dunster – Donkerland
  • Franci Swanepoel – Donkerland
  • Erica Wessels – Vloeksteen

Beste gesels- of joernaalprogram

  • Pieter Cilliers & Marié Minnaar – Kwêla
  • Amor Engelbrecht – Pasella: Buite
  • Ntokozo Mbuli – 50/50

Beste nuusleser

  • Lynette Francis – Nuus om Sewe
  • Ivor Price – Nuus om Sewe
  • Louise van Wingerden – Nuus in Afrikaans

Beste vermaaklikheidsprogram

  • Paul Venter – Bravo!
  • Paul Venter – Jou show met Emo & Wicus
  • Paul Venter – Kersfees Kokkedoor

Klik hier vir ’n lys van al die benoemings vir vanjaar se ATKV-Mediaveertjies