FOTO Getty Images / Gallo Images

FOTO Getty Images / Gallo Images

Het jy gehoor?

Dié akteurs het gróót rolle laat verbygaan

Een van die slegste emosies wat jy kan ervaar, is spyt. En in Hollywood is daar akteurs en aktrises wat ’n rol laat verbygaan het en later met groot spyt besef het dit was ’n reuse-fout.

Hier’s 5 bekendes wat groot rolle laat verbygaan het:

1. Aktrise Molly Ringwald het die hoofrol van Vivian Ward in Pretty Woman (1990) laat verbygaan. Die rol was glo vir haar te vlak. Julia Roberts het toe dié ikoniese rol losgeslaan … En oornag ’n Hollywood-sensasie geraak.

Richard Gere Julia Roberts Pretty Woman

2. John Travolta beskou dié besluit as een van die grootste foute in sy loopbaan. Hy was die hoofrol in die bekroonde rolprent Forrest Gump (1994) aangebied. Hy het egter sy neus opgetrek en Tom Hanks het toe in 1994 ’n Oscar vir sy vertolking daarvan ontvang.

3. Michelle Pfeiffer het nee gesê vir die rol van Clarice Starling in Silence of the Lambs (1991), want dit was vir haar te gewelddadig. Jodie Foster het dié rol gekry en ’n Oscar gewen.

The-Silence-of-the-Lambs

4. Die Britse akteur Cary Grant het die rol van Hollywood se eerste James Bond laat verbygaan. En Sean Connery het toe in 1962 die eerste én bekendste 007 geword.

5. Nicole Kidman het swanger geraak voor die verfilming van The Reader (2008) en moes die projek laat vaar. Kate Winslet is in haar plek gekies en het later ’n Oscar as beste aktrise vir haar rol daarin ontvang.

Bronne: The Telegraph, NY Daily News

Lees nou

Watter koninklike se styl pas by jou?

Jamie Foxx en Katie Holmes nou ’n paartjie!