FOTO: Twitter  RWitherspoon

FOTO: Twitter RWitherspoon

Het jy gehoor?

Aktrise Reese Witherspoon vier 40ste met ‘celeb’-vriende

Ons kan nie glo dat Reese Witherspoon vandag haar 40ste verjaardag vier nie! Ons het haar leer ken as Elle Woods in Legally Blonde – 15 jaar gelede toe sy net 25 jaar oud was. 

Sy het reeds Saterdag met haar feesvieringe begin en in styl by die nagklub Warwick in Los Angeles partytjie gehou.

Sy het hierdie foto op sosiale media gedeel

Reese was omring deur haar celeb-vriende. Die How to Lose a Guy in 10 Days-aktrise Kate Hudson, een van Reese se goeie vriendinne, het saam met haar dié mylpaal gevier.

Kate het dié foto’s gedeel. 

 

Die modeskrywer Derek Blasberg het ’n video op sosiale media gedeel waarin Reese die liedjie “Sweet Home Alabama” sing – met Nicole Kidman se man, country-sanger Keith Urban, wat kitaar speel. 

Reese het in die fliek Sweet Home Alabama gespeel, en sy is ook die suide van Amerika gebore – in die staat Louisiana, wat suidwes van Alabama geleë is. 

Baie geluk, Reese!

Lees nou