movie_poster
Het jy gehoor?

Lokprent van splinternuwe Tintin-fliek

Steven Spielberg, die legendariese regisseur van onder meer Schindler’s List, Saving Private Ryan, Jaws en Jurassic Park, het kragte saamgesnoer met Peter Jackson, die vervaardiger van Lord of the Rings, om Tintin se avonture in ‘n fliek te omskep.

Met soveel ondervinding in een span kan ons maar net uitsien na die eindproduk. Dit gaan ‘n 3-D-fliek wees, wat gaan bestaan uit ‘n kombinasie van drie van Tintin se bekende verhale. Secret of the Unicorn, The Crab with the Golden Claws en Red Rackham’s Treasure sal deel vorm van die film. Volgens Steven het hy ongelooflike respek vir George Hergé Remi, die skrywer van die Tintin-verhale. “Ek wou so na as moontlik aan Hergé se kuns bly in die fliek. Tintin is geskryf om in die ‘regte wêreld’ af te speel, nie in een of ander fantasiewêreld nie, en dit is wat ek probeer doen het met die maak van die fliek. Om dit so realisties as moontlik te hou sodat die kyker steeds met Tintin kan identifiseer,” het Spielberg aan collider.com vertel.

Dit is die eerste keer dat dié ervare regisseur ’n film digitaal skiet. En ná afloop van die verfilming het hy gesê hy verkies steeds tradisionele film bo digitaal. Die hele fliek is ook deur middel van “motion capture” gemaak, wat beteken daar is akteurs wat die rolle vertolk, maar dit lyk soos animasie (soos in Avatar).

Akteurs wat in The Adventures of Tintin te sien sal wees is, Jamie Bell as Tintin, Andy Serkis as Captain Haddock en Simon Pegg as Inspector Thompson.

Kyk hier na die amptelike lokprent van Die Avonture van Tintin


 

  • tgqgemnsrfu

    gp3qYJ yzqjxohhxvcs, [url=http://vkomzqioyxtc.com/]vkomzqioyxtc[/url], [link=http://cbmeswktklvf.com/]cbmeswktklvf[/link], http://futxsmdtjmuf.com/