FOTO: Charl Smith van Agapé Studio

FOTO: Charl Smith van Agapé Studio

Het jy gehoor?

Die baard-trend: Al dié jong ‘hunks’ is volgelinge!

Jy sien deesdae oral waar jy kyk jongmanne met baarde. Dit is hoogmode om jou baard te laat groei en dis nie net ’n studente-gier nie, selfs prins Harry het nou ’n lekker baard!

Hier is ons gunsteling-baarde op die plaaslike en internasionale rooi tapyt.

1. Armand Aucamp is een van Afrikaans se blinkste nuwe sterre. Sy baard is altyd eksie-perfieksie.

Suited up and set for #DanielMunro with a key accessory, @eyewearboutique and #RayBan

A photo posted by Armand Aucamp (@armandaucamp) on

2. Tracey Lange het dié foto van haar saam met die Afrikaanse akteur Albert Pretorius getwiet waarin hy ’n welige baard het. 

3. Edwin van der Walt, wat bekend is vir flieks soos Ballade vir ’n enkeling en Die Pro, spog ook soms met ’n netjiese baard.

A photo posted by Edwinvdwalt (@edwinvdwalt) on

4. Bennie Fourie en Stiaan Smith is twee opkomende sterre in die Afrikaanse filmbedryf en is albei voorstanders van baarde. 

A photo posted by Stiaan (@sensasioneel) on


5. Duane Vermeulen is tans in Engeland vir die Wêreldbeker-rugbytoernooi. Ons gesels met hom in die Oktober-uitgawe van SARIE. Laat dit HIER af. Hy het al vir byna ’n jaar lank dié baard.

FOTO: Charl Smith van Agapé Studio

FOTO: Charl Smith van Agapé Studio

6. Leonardo DiCaprio het by die jaarlikse gala vir die Leonardo DiCaprio-stigting met dié wilde baard op die rooi tapyt verskyn.

7. Prins Harry het omtrent die internet aan die gons met sy digte rooi baard. Ons wonder wat sê ouma Elizabeth daarvan?

8. Een van die sterre van Vir Altyd, Ivan Botha, het ook onlangs ’n foto gedeel waarin hy ’n bokbaardjie het.

A photo posted by Ivan Botha (@ivanbotha17) on


9. Die digter Breyten Breytenbach het nog altyd ’n baard. Dit is deel van sy voorkoms en pas goed by ’n man met sy intellek.

10. Fanie Cronjé, SARIE se styl- en sosiale redakteur, het ook ’n baard. Hy sê dié voorkoms laat hom manlik voel en hy hou van die sterk voorkoms. “Ek glo ook dit is nie net ’n trend nie, maar ’n klassieke styl wat altyd in die rondte sal wees.”

Fanie

Fanie se raad aan ander mans wat graag baarde wil groei:

  • Laat dit vir vier weke uitgroei en moenie in dié tyd daaraan raak nie.
  • Laat ’n moderne barbier wat die trend verstaan jou baard onderhou.
  • Moet nooit self aan jou baard sny of skeer nie, jy sal net teleurgesteld wees in die resultaat.

Lees ook