FOTO Donovan Roets

FOTO Donovan Roets

Het jy gehoor?

Dié babanaam gewild onder die celebs

“What’s in a name? That which we call a rose by any other name would smell as sweet.” As William Shakespeare maar net toe al geweet het hoe baie celebs dié blom as inspirasie sou gebruik vir hul kinders se name …

Net net een nie maar drié celebs het koppe bymekaargesit om klein Dusty Rose se naam uit te dink. Adam Levine en Behati Prinsloo se eersteling het die naam gekry nadat die TV-aanbieder Ellen DeGeneres dit voorgestel het. 

Adam vertel op haar program dat Ellen eers glad nie gehou het van die naam wat hulle oorspronklik gekies het nie. Ellen se voorstel was Dusty Rose, maar Behati het op haar beurt nie daarvan gehou nie. Uiteindelik, laat in die geboorteproses, het Behati ingestem. En vandaar Dusty Rose, soos die kleur, sê Ellen.

Dusty Rose Levine 9/21/16

A photo posted by Adam Levine (@adamlevine) on

 

Nóg ’n bekende wat “Rose” deel van haar kind se naam gemaak is, is die sangeres Kelly Clarkson. Haar oudste, River Rose, is in 2014 gebore. Kelly het ook vanjaar haar eerste kinderboek gepubliseer, River Rose and the Magical Lullabyén ’n River Rose-pop laat maak.  

  River Rose hanging with her singing River Rose doll backstage @KLGandHoda! You can get one too at Toys “R” Us :)   A photo posted by Kelly Clarkson (@kellyclarkson) on

Op eie bodem het die pragtige Diaan Lawrenson haar eersteling ook na die mooi blom genoem.

Diaan se oudste heet Olivia Rose. Die kleinding was in 2012 saam met haar ma op SARIE se voorblad en só het dinge agter die skerms gegaan …

 

Ander bekendes wat ook hul kinders Rose genoem het:

Scarlett Johansson se dogter is Rose.

Een van Lance Armstrong se dogters heet Isabelle Rose.

Sex and the City se Charlotte York, Kristin Davis, se dogter is Gemma Rose.

Die TV-aanbieder en komediant Jimmy Fallon se een dogter se naam is Winnie Rose Fallon.

Tennisster Roger Federer se dogter is Myla Rose.

Chris Hemsworth en Elsa Pataky se dogter is India Rose.

Michelle Pfeiffer se dogter is Claudia Rose.

Nicole Kidman en Keith Urban se dogter is Sunday Rose.

Ivanka Trump se dogter is Arabella Rose.

Grease se Olivia Newton-John se dogter heet Chloe Rose.

Die kleinding van aktrise Michelle Williams en die ontslape Heath Ledger se naam is Matilda Rose.

Akteur Ewan McGregor se dogter is Esther Rose.

Al Pacino se dogter se heet ook Olivia Rose.

Charlie Sheen en Denise Richards se dogter se naam is Lola Rose.

Desperate Housewife Teri Hatcher se dogter is Emerson Rose.

Sylvester Stallone se drie dogters het elkeen Rose in hul naam. Onder staan (van links) Sistine Rose, Scarlet Rose en Sophia Rose hul ma, Jennifer Flavin (naaslinks), en beroemde pa.

Lees nou

Bobby en Karlien se nuwe avontuur

Kyk Springbok-rugbyspeler se oulike tweeling!

50 babaname wat verbied is