FOTO Instagram / @the_native_tiger

FOTO Instagram / @the_native_tiger

Het jy gehoor?

Bekende deel eerste foto van haar baba!

Ons wag al lank vir dié oulike oomblik. Die aktrise Megan Fox het onlangs die eerste foto van haar derde seun, Journey River Green, met die wêreld gedeel. Hy is reeds in Augustus gebore, maar dit is die eerste foto van hom op sosiale media. 

Kyk net hoe dierbaar is die seun!

A photo posted by Megan Fox (@the_native_tiger) on

Megan het die gehoor vroeër vanjaar verras toe sy met haar bababoep by CinemaCon in Las Vegas verskyn het om haar nuutste film, Teenage Mutant Ninja Turtles: Out of the Shadowste bemark. Met so baie babas wat onlangs gebore is gaan daar beslis nie ’n tekort aan vriende vir klein Journey wees nie.

Kyk die foto’s wat die bekende ma’s onlangs op sosiale media gedeel het:

Olivia Wilde se Daisy

Die Amerikaanse aktrise het onlangs die lewe geskenk aan klein Daisy Josephine Sudeikis. Olivia en haar verloofde, Jason Sudeikis, was opgetoë met die gelukkige nuus. Die akteurspaar het in 2013 verloof geraak en het reeds ’n tweejarige seuntjie, Otis. Sy het onlangs die foto gedeel waar sy vir Daisy borsvoed. 

A photo posted by Olivia Wilde (@oliviawilde) on

Candice Swanepoel se Anacã

Die Suid-Afrikaanse skoonheid en Victoria’s Secret-model Candice Swanepoel (27) het op 5 Oktober haar seuntjie, Anacã, verwelkom.

Behati Prinsloo se Dusty Rose

Die Namibiese model Behati Prinsloo (27) en haar sanger-man, Adam Levine (37), se eersteling is onlangs gebore.

Lees nou

Twilight-nuus: dalk nog ’n fliek, en kyk wat jy kan koop!

VIDEO: Lady Gaga se Carpool Karaoke!

Obama lees Trump se twiet