FOTO: ATKV

FOTO: ATKV

Het jy gehoor?

Ena Murray sterf op 78

Die gewilde Afrikaanse skrywer Ena Murray is vanoggend oorlede. 

Sy het in haar loopbaan as skrywer 131 boeke gepubliseer, waaronder liefdes- en speurverhale.

Maroela Media berig dat sy omstreeks 4:00 vanoggend dood is. Sy was die laaste paar weke baie swak en het in die versorgingseenheid van die Santos Haven-aftreeoord op Mosselbaai gebly.

Ena is aan natuurlike oorsake oorlede.