FOTO Instagram /@Jamesmarsden

FOTO Instagram /@Jamesmarsden

Het jy gehoor?

Dié bekende akteur is die aantreklikste

In Hollywood word bekendes gereeld uitgesonder vir hul skoonheid. As dit nie Jennifer Aniston is wat People se mooiste vrou vir 2016 is nie, is dit Kendall Jenner wat op vyf verskillende Vogue-voorblaaie pronk. En nou het GQ America die The Notebook-akteur James Marshden as die aantreklikste man ter wêreld aangewys!

Dis die einste akteur wat onlangs verklap het dat hy spyt is oor hy nee gesê het vir ’n rol in Channing Tatum se ontkleedanser-fliek Magic Mike, berig Entertainment Weekly.

’n Week gelede het SARIE.com berig oor ’n Britse plastiese chirurg, dr. Julian de Silva, wat die perfekte gesig ontwerp het uit ’n kombinasie van 1 000 van sy vroulike pasiënte se versoeke oor die jare. Die resultaat? ’n Gesig met Kate Middleton se koninklike neus, Angelina Jolie se wangbene, Selena Gomez se ken, Penélope Cruz se lippe en Keira Knightley se oë.

landscape-1472728197-plastic-surgery-1

Dis dieselfde plastiese chirurg wat die aktrise Amber Heard se gesig as die natuurlikste en mooiste bestempel het – lees meer hier.

Vir dié interessante studie het De Silva en sy span by The Centre for Advanced Facial & Cosmetic Surgery in Londen ’n spesiale rekenaarprogram gebruik om met ’n proses genaamd Face Mapping die gesigte van verskeie bekendes te ontleed.

Lees meer hier.

Wetenskaplik bewys of nie – die SARIE-span glo steeds ware skoonheid kom van binne!

James speel binnekort in die HBO-reeks Westworld saam met Anthony Hopkins en Evan Rachel Wood.

Kyk die lokprent hier:

Lees nou

‘7de Laan’ se Zac wil reis, weer toneelspeel

Trouwenke: Kies ’n geur vir jou groot dag

Nataniël oor ontslape Mandoza