Ivan Botha en Donnalee Roberts by een van die watervalle by La Vallee Des Coulleurs.

Ivan Botha en Donnalee Roberts by een van die watervalle by La Vallee Des Coulleurs.

Het jy gehoor?

Dié bekende akteurs speel in ‘Vir Altyd’

Vir altyd is die nuutste fliek uit die kraal van Pad na jou hart se vervaardigers, skrywers én hoofrolspelers, Donnalee Roberts en Ivan Botha. En, soos Pad na jou hart, beloof dié rolprent groot dinge.

Vir altyd word tans in die Paarl geskiet, en daar sal ook tonele in Mauritius geskiet word.

Die regie word, soos met Pad na jou hart, weer deur Jaco Smit behartig, en Danie Bester is weer een van die vervaardigers.

Die rolverdeling vir dié fliek is baie indrukwekkend!

Donnalee Roberts speel die vroulike hoofrol, Nina, en Ivan Botha die manlike hoofrol, Hugo. Ander bekendes wat in Vir altyd te sien sal wees, is Dirk Stoltz, Ilse Roos, Elize Cawood, Hélène Truter en Wilson Dunster.

Sean Else se oudste seun, Caylem, speel die jonger Hugo. Hy was voorheen in Konfetti ook te sien.

Vir altyd sal op 12 Februarie 2016 landwyd begin draai en SARIE tree as trotse mediavennoot op.

Lees ook: