FOTO: Getty Images / Gallo Images

FOTO: Getty Images / Gallo Images

Het jy gehoor?

Dié bekende paartjies se verhoudings het in 2015 verbrokkel

Wanneer ons berig oor bekendes wat uitmekaar is, is daar gewoonlik baie kommentaar van lesers wat meen verhoudings, en veral die huwelik, word nie ernstig genoeg opgeneem nie. As ons so na dié lys kyk, verstaan ons hul punt!

Dié 12 bekende paartjies se verhoudings het nie 2015 oorleef nie:

Patrick ‘McDreamy’ Dempsey en sy vrou, Jillian Fink, is in Januarie vanjaar uitmekaar. Hulle was 15 jaar lank getroud.

 

Die sangeres en aktrise Mandy Moore en haar man, die musikant Ryan Adams, is ook in Januarie vanjaar ná 6 jaar van getroude lewe geskei.

Op eie bodem het die nuus in Februarie gebreek dat die voormalige Protea-krieketkaptein Graeme Smith en sy vrou, Morgan Deane, se paadjies skei.

A photo posted by MissDeane (@morgandeane) on

Die akteurspaar Emma Stone en Andrew Garfield het op die stel van The Amazing Spider-Man ontmoet en daarna vir drie jaar uitgegaan. Maar in April van jaar het hulle die verhouding beëindig.

 

Die verhouding van SA se goue meisie Charlize Theron en haar verloofde, Sean Penn, het in Junie vanjaar skipbreuk gely.

 

Ná ’n verhouding van agt maande het Britney Spears en die TV-vervaardiger Charlie Ebersol se paaie geskei.

Die geliefde Hollywood-paartjie Ben Affleck en Jennifer Garner het ná 10 jaar aangekondig dat hulle gaan skei. Die aankondiging is in Julie vanjaar gemaak.

Die realiteitster Kourtney Kardashian het in Julie 2015 haar verhouding met Scott Disick, die pa van haar drie kinders, Mason (5), Penelope (3) en Reign (8 maande), beëindig.

Verlede maand het ons berig dat die sangeres Gwen Stefani en haar man, Gavin Rossdale, ná 13 jaar gaan skei.

 

Die hartseer nuus dat die Afrikaanse sangeres Karlien van Jaarsveld en haar man, die voormalige rugbyspeler Derick Hougaard, het verlede maand gebreek.

FOTO: Instagram  @karlienvanjaarsveld

FOTO: Instagram @karlienvanjaarsveld

Die sangeres Avril Lavigne en die Nickelback-sanger Chad Kroeger het ook in Augustus hul egskeiding aangekondig.

Nog ’n paartjie wat onlangs besluit het om te skei is Megan Fox en haar man, Brian Austin Green. Hulle was 5 jaar getroud.