FOTO Instagram / @gordonramsay

FOTO Instagram / @gordonramsay

Het jy gehoor?

Dié TV-sjefs kook nie net in die kombuis nie

Een is bekend as die kaal sjef en die ander as die gillende sjef wat jou goed kan slegsê. En nóú gaan sjefs Gordon Ramsay en Jamie Oliver albei vir ’n vyfde keer pa word.

In ’n onderhoud op The Late Late Show met James Corden het Gordon aangekondig dat sy vrou, Tana, hul vyfde kind verwag. Die paartjie is al 20 jaar getroud en het reeds vier kinders, Megan (18), ’n tweeling, Jack en Holly (16), en Tilly (14). Die baba, ook ’n dogtertjie, sal in September haar opwagting maak.

“Ek is nogal bekommerd, vier dogters! Vier sestiende verjaardae, vier kêrels, vier troues!” het Gordon skertsend gesê.

Kyk die onderhoud hier: 

Jamie Oliver en sy vrou, Jools, verwag ook hul vyfde baba. Die paartjie het drie dogters, Poppy Honey (14), Daisy Boo (12) en Petal Blossom (6), en ’n seun, Buddy Bear (5). Wonder wat hul vyfde kind se naam gaan wees? Rose Bush of Sir Wolf?

Kyk die onderhoud hier:

Jamie en Jools is nie al bekendes wat hul kinders vreemde name gee nie. Klik hier om ander bekende baba’s se name te hoor.

Lees nou

Ryan Gosling en Eva Mendes verwelkom 2de baba

So lyk 2016 se celeb-babas