FOTO Instagram / @lalaland

FOTO Instagram / @lalaland

Het jy gehoor?

Dié bekendes verower Hollywood

Hollywood se prysuitdelingseisoen vir 2017 (awards season) het gister amptelik afgeskop met die Critics’ Choice Awards. La La Land het stof in die oë van al die ander rolprente geskop.

Emma Stone en Ryan Gosling se musiekblyspel, La La Land, het 12 benoemings ontvang en het 8 pryse gewen, insluitend dié vir beste rolprent. Hoewel Emma en Ryan onderskeidelik vir beste aktrise en akteur benoem was, het hulle nie gewen nie.

Kyk net hoe sing dié twee:

Natalie Portman, wat die rol van Jackie Kennedy Onassis vertolk in die biografiese rolprent Jackie, het die toekenning vir beste aktrise ontvang. Sy is een van die voorlopers om volgende jaar se Oscar te wen.

Interessant: In 2011 het Natalie Portman die Oscar gewen vir beste aktrise toe sy swanger was met haar eersteling, Aleph. Sy is nou vir die tweede keer swanger …

Kyk die lokprent van Jackie hier:

Casey Affleck, Ben Affleck se jonger boetie, het die toekenning vir beste akteur gewen vir sy rol in Manchester by the Sea.

Kyk die lokprent van Manchester by the Sea:

Die talentvolle Viola Davis het die toekenning vir beste vroulike byspeler gewen vir haar rol in Fences. Viola het reeds in 2010 dié rol op Broadway in New York vertolk.

Kyk die lokprent van Fences hier:

Die Amerikaanse akteur Mahershala Ali het die toekenning vir beste manlike byspeler gekry vir sy rol in die drama Moonlight.

Kyk die lokprent van Moonlight hier:

Die sexy Ryan Reynolds het ook die titel van Entertainer of the Year gewen. Ryan en sy vrou, Blake Lively, het vroeër vanjaar hul tweede kind, ’n dogtertjie verwelkom.

Vir die volledige lys van wenners klik hier.

Lees nou

7 dinge wat jou vel beskadig – kan jy glo!

Is dié trend terug? #nolstalgie

Hunter van Heuwels se zucchini-wiggies