Het jy gehoor?

Die bekendes wat weier om hul tande “reg” te maak

Dit was nog nooit makliker om die ‘perfekte’ glimlag te hê nie. Tandartse kan jou tande binne ure vervang sodat daar nie ’n skewe tand in jou mond oor is nie. Maar dié bekendes kies om nie hul tande “reg” te maak nie – en ons dink dít is juis wat hulle mooi maak!

Jessica Hart

Die Australiese model Jessica Hart (hooffoto) is besig om groot naam vir haarself te maak. Dié 27-jarige was al op die voorblad van die Australiese Vogue en het in verskeie groot veldtogte verskyn waaronder Guess en Victoria’s Secret. Haar kenmerk? Die gaping tussen haar tande.

FOTO: Instagram @ferragamo

FOTO: Instagram @ferragamo

Ashley Hayden

Dié Suid-Afrikaanse televisie-persoonlikheid Ashley Hayden.

Madonna

Een naam én een unieke glimlag – net jammer sy glimlag so min vir die kamera!

Madonna

Elijah Wood

Dié Lord of the Rings-ster se glimlag maak knieë lam!

Elijah WoodWat dink jy? Is dié sterre se unieke glimlagte mooi, of nie?

Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook– of Twitter-blad!

 

Addisionele bronne: Huffington Post en Ranker