Het jy gehoor?

Dié 10 plaaslike bekendes word ook ouers in 2015

Die ooievaar gaan lekker besig wees in die tweede helfte van die jaar! Kyk net wie word nog almal ouers in 2015.

Die sanger Nicholis Louw en sy vrou, Denise, het in Februarie aangekondig dat hulle hul eersteling verwag.

Aktrise Lika Berning het in die Mei-uitgawe van SARIE aangekondig dat sy en haar man, Clyde, hul tweede baba verwag.

Jak de Priester se vrou, Michelle, is swanger met hul derde kind.

Emo Adams en sy verloofde, Michelle, se eersteling word een van die dae gebore.

Die Protea-krieketkaptein, AB de Villiers, en Daniëlle se eerste pienkvoet word binnekort gebore.

Die aktrise Mandi Baard en haar man, Schalk, se tweede baba is ook op pad.

Rugbyspeler Morné Steyn en sy vrou, Christelle, verwag hul tweede baba later vanjaar.

Krieketspeler JP Duminy en sy vrou, Sue, sal binnekort ouers wees.

Die bekende TV-aanbieder Anele Mdoda het die afgelope naweek by die You Spectacular-toekennings aangekondig dat sy ook swanger is.

Krieketspeler Morné Morkel en sy vrou, Roz Kelly, verwag eersdaags hul eersteling.

Lees ook