FOTO: ABC / Andrew Eccles

FOTO: ABC / Andrew Eccles

Het jy gehoor?

“Die beste foto nóg” PLUS die Oscar-wenners!

Groot opgewondenheid heers altyd op Oscar-aand en vanjaar was geen uitsondering nie. Die TV-persoonlikheid Ellen DeGeneres het weer gasheer gespeel en met dié selfie wat sy getwiet het, het sy ’n rekord opgestel vir die foto wat die meeste nog ooit retweet is, berig The Guardian.

Ellen het ’n selfie geneem saam met van die bekendes van die aand – Jared Leto (wenner: Beste Ondersteunende Akteur), Jennifer Lawrence (benoem: Beste Ondersteunende Aktrise), Channing Tatum, Meryl Streep (benoem: Beste Aktrise), Julia Roberts (benoem: Beste Ondersteunende Aktrise), Ellen in die middel, Kevin Spacey, Bradley Cooper (benoem: Beste Ondersteunende Akteur), Brad Pitt, Lupita Nyong’o (wenner: Beste Ondersteunende Aktrise) en haar broer, en Angelina Jolie.

Dié foto is al meer as 2.2 miljoen keer getwiet.

Die vorige foto wat dié rekord gehou is, is deur Amerikaanse president Barack Obama nadat hy die presidentskap vir ’n tweede termyn gewen het.

Die groot Oscar-wenners

(Die name in vetdruk het met die goue beeldjie weggestap)

Beste Aktrise

  • Amy Adams, American Hustle | Cate Blanchett, Blue Jasmine | Sandra Bullock, Gravity | Judi Dench, Philomena | Meryl Streep, August: Osage County

Beste Akteur

  • Christian Bale, American Hustle | Bruce Dern, Nebraska | Leonardo DiCaprio, The Wolf of Wall Street | Chiwetel Ejiofor, 12 Years a Slave | Matthew McConaughey, Dallas Buyers Club

Beste Ondersteunende Aktrise

  • Sally Hawkins, Blue Jasmine | Jennifer Lawrence, American Hustle | Lupita Nyong’o, 12 Years a Slave | Julia Roberts, August: Osage County | June Squibb, Nebraska

Beste Ondersteunende Akteur

  • Barkhad Abdi, Captain Phillips | Bradley Cooper, American Hustle | Michael Fassbender, 12 Years a Slave | Jonah Hill, The Wolf of Wall Street | Jared Leto, Dallas Buyers Club

Beste Fliek

  • Captain Phillips | Dallas Buyers Club | Gravity | Her | Nebraska | Philomena | 12 Years a Slave | The Wolf of Wall Street

Beste Regisseur

  • David O. Russell, American Hustle | Alfonso Cuarón, Gravity | Alexander PayneNebraska | Steve McQueen, 12 Years a Slave | Martin Scorsese, The Wolf of Wall Street.

Klik HIER vir die volledige lys van wenners.

Hou SARIE.com vandag dop vir al die agter-die-skerms-opwinding én foto’s van die mooiste rokke.