mannequin kaapstad
Het jy gehoor?

VIDEO: Kaapstad het haar eie #MannequinChallenge! Kyk dit hier

Het Kaapstad die #MannequinChallenge gewen? Ons dink so! Selfs die Moederstad het die internet-uitdaging aangepak wat wêreldwyd viral gaan. 

Dié video is onlangs op ’n somersdag in Kampsbaai, Kaapstad, geneem. Kan jy glo meer as 200 mense het deelgeneem? Só berig Channel24. Die toneel lyk soos enige normale dag op die strand. Van mense wat sonbaai tot strandgangers wat selfies neem en gaste wat by ’n restaurant eet.

Maar dit is nie al Suid-Afrikaners wat die uitdaging gedoen het nie. Die sokkerklub Supersport United FC het ook ’n video gemaak. Kyk dit hier:

Die komediant en kletsprogram-aanbieder Ellen Degeneres was onlangs een van 21 ontvangers van die gesogte presidentsmedalje vir vryheid (Presidential Medal of Freedom). Die Withuis ken dit toe aan individue wat ’n bydrae gemaak het tot verandering en vooruitgang in die VSA, berig Variety. Van die ander ontvangers was Bruce Springsteen, Kareem Abdul-Jabbar, Michael Jordan, Bill en Melinda Gates, Tom Hanks en Vin Scully.

Kyk die roerende video hier: Natuurlik kon só ’n geleentheid nie eindig sonder die #MannequinChallenge nie. Die Amerikaanse sanger Diana Ross se dogter, Tracee Ellis Ross, het dit verfilm. En wie was in die uitdaging? Ellen Degeneres, Robert De Niro, Bruce Springsteen, Tom Hanks, Bill Gates en talle meer. Kyk net hier:

Lees nou

2 nuwe Instagram funksies! Só maak mens … 

Desiré terug by Suidooster

Koop hier op Black Friday!