FOTO: Verskaf

FOTO: Verskaf

Het jy gehoor?

Die Boekklub: Nuwe Afrikaanse TV-reeks binnekort op kassie

Is jy ’n boekliefhebber of dalk net versot op drama? Dan is Die Boekklub net vir jou!

Dié splinternuwe kykNET-dramareeks verskyn vroeg in die nuwe jaar op die kassie en elkeen van die 13 episodes is losweg aan ’n boek gekoppel.

Bekende akteurs soos Jana Cilliers, Armand Aucamp, June van Mersch en Chris van Niekerk is deel van die indrukwekkende rolverdeling. Daar is selfs ook ’n spook of twee …

Tom Niemandt (gespeel deur Armand Aucamp) erf onverwags sy ouma se gastehuis op Merweville in die Groot Karoo. Hy word verplig om vir ’n jaar lank daar te bly en raak teen sy sin ’n lid van sy ouma se boekklub, maar dit is juis dan wanneer dinge interessant raak.

Die reeks is geskryf deur Louis Pretorius (medeskrywer van Vallei van Sluiers en Die Boland Moorde) met Quentin Krog (Ballade vir ’n Enkeling en Sterlopers) as regisseur.

Die Boekklub word vanaf 12 Januarie 2016 om 20:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.

die boekklub

Lees ook 

ZZZ

Lees hier vir meer inligting!