Het jy gehoor?

Die Bok wat hou van facials en manicures…

Morné: “Wynand versorg homself baie goed en vat langer as ’n vrou om klaar te maak voor ons uitgaan. Hy dink oor wat hy aantrek en sal sommer vir my sê watter klere lyk goed by my. Francois Hougaard hou nóg meer van dié soort goed. Hy gaan sommer vir facials, manicures en ek weet nie wat alles nie.”

Wynand: “Een van die redes hoekom ons sulke goeie pêlle is, is omdat Morné net so lank soos ek vat om klaar te maak voor ons uitgaan. Hy is gek oor handeroom en gaan nooit op toer daarsonder nie. Dis ook
lekker om saam met hom te shop. As iets vir hom mooi is, koop hy dit vir sy vrou. En hy self hou ook van mooi goed.”

(Wynand was in die oefengroep vir die Wêreldbekerspan.)