Screen Shot 2016-04-29 at 10.27.30 AM
Het jy gehoor?

Harry Potter-akteur is nou ’n hokvegter

Van Harry Potter-ster tot internasionale MMA(mixed martial arts)-hokvegter. Almal praat oor dié celeb wat nou sy vuiste gebruik!

In al agt films was die 28-jarige Josh Herdman die oorgewigvriend, Gregory Goyle, van Draco Malfoy, wat die lewe vir Harry Potter (Daniel Radcliffe) bitter moeilik gemaak het. Die laaste rolprent is vyf jaar gelede verfilm en Josh kan vandag byna nie meer herken word nie. Hy het onlangs sy eerste wedstryd teen die Poolse vegter Janusz Walachowski in Londen gewen.

via GIPHY

Op sy amptelike Twitter-blad beskryf hy homself as ’n akteur en ’n hokvegter.

Só lyk ’n paar van die Harry Potter-akteurs nou

Daniel Radcliffe – Harry Potter

Emma Watson – Hermione Granger

Rupert Grint – Ron Weasley

Matt Lewis – Neville Longbottom

Lees nou