FOTO Instagram @voguemagazine

FOTO Instagram @voguemagazine

Het jy gehoor?

Dié bekendes is net so starstruck soos ons!

Dit is nie net ons gewone siele wat starstruck is wanneer ons ’n bekende ontmoet nie, selfs van die bekendstes sukkel om hul woorde te vind wanneer hulle ’n held ontmoet. Só het ons gesien toe die popster Nicky Minaj onlangs die sangeres Lauryn Hill ontmoet het. 

Die twee musikante het mekaar agter die skerms by ’n geleentheid in New York ontmoet. Die “Starships“-sanger was so opgewonde dat sy selfs op haar knieë gegaan het!

Kyk die video hier:

A video posted by Nicki Minaj (@nickiminaj) on

Nicki Minaj is natuurlik nie ál bekende wat al oorweldig gevoel het oor die eerste ontmoeting met haar held nie!

Kyk watter bekendes is nog deur ander geïntimideer:

1. Selena Gomez ontmoet vir Shia LaBeouf

2. Taylor Swift word deur Justin Timberlake verras tydens ’n verskyning op The Ellen Degeneres Show.

3. Emma Stone is so ’n groot aanhanger van die voormalige sanggroep die Spice Girls dat sy byna in trane was toe een van die lede, Mel B, tydens ’n onderhoud ’n video-boodskap vir haar gelos het. Sy sing ook ’n bekende Spice Girls-treffer!

4. Jennifer Lawrence en Jeff Bridges het saam op die rooi tapyt verskyn. Maar die aktrise kon haarself nie keer nie en het vir Jeff gaan vertel watter groot aanhanger sy van hom is. Sy het toe ook die geleentheid gekry om ’n kort onderhoud met hom te doen 

Bekende ‘photobomb’ paartjie op troudag!

Maar dit maak nie saak hoe gewild jy is nie, daar is een celeb wat almal intimideer. Ja, jy is reg- dit is Beyoncé. Die sanger-aktrise maak almal skaam.

Kyk net die bekendes se reaksie oor hul ontmoeting met “Queen Bey”.

via GIPHY

Die Pitch Perfect-aktrise Anna Kendrick

Die musikant Ed Sheeran

Die X-men-akteur Hugh Jackman

Die komediant Kevin Hart

Lees nou:

Níks keer Beyoncé nie

Kyk wie se baba is uiteindelik hier …!

Nóg ’n  Sex and the City ?