Het jy gehoor?

Die duurste 8 troues nóg!

David en Victoria Beckham

– $800 000 (R7,2 miljoen) in 1999 –

Victoria het soos ‘n koningin gelyk in ‘n sjampanjekleurige sy-rok van Vera Wang. Dit het ‘n sleep van 20 voet (6 m) gehad en sy het ‘n goue kroon met diamante gedra.

David en Victoria Beckham

Die sokkerheld en die voormalige Spice Girl het by die Luttrellstown-kasteel naby Dublin getrou. Dié twee het sommer ook op trone gesit wat met rooi fluweel uitgevoer is. Die gaste mag net swart of wit gedra het en Elton John het die 250 gaste vermaak. Teen die einde van die aand was daar ‘n vuurwerkvertroning.

Michael Douglas and Catherine Zeta-Jones

– $1,5 miljoen (R13,6 miljoen) in 2000 –

Catherine het ‘n ivoorkleurige satynrok van die ontwerper Christian Lacroix aangehad. Die rok het ‘n byna 2 m lange sleep van Chantilly-kant gehad en het sowat $140 000 (R1,2 miljoen) gekos.

Catherine Zeta-Jones en Michael Douglas

Die akteurspaartjie het by New York se bekende The Plaza Hotel getrou. Die gastelys van ongeveer 250 het baie bekende name ingesluit, waaronder Sean Connery, Jack Nicholson and Michael Caine. Die Simply Red-sanger Mick Hucknall en die Grammy-sangeres Bonnie Tyler het die gaste vermaak. Meer as 50 polisiemanne het die hotel dié dag bewaak.

Liza Minnelli en David Gest

– $3,5 miljoen (R318 miljoen) in 2002 –

Die dogter van die legendariese aktrise Judy Garland het vir haar vierde troue ‘n ivoorkleurige Bob Mackie-rok gedra. Maar sy het dié rok goed weggesteek. Toe sy vir die troue opdaag, het sy ‘n swart rok aangehad en toe sy die onthaal verlaat, het ‘n lang wit nertsjas die rok bedek.

Liza Minnelli en David Gest

Michael Jackson was die strooijonker en Elizabeth Taylor die strooimeisie. Die vermaak is verskaf deur ‘n 60-stuk-orkes, Tony Bennett, Stevie Wonder en Natalie Cole.

Die blomme het na bewering $700 000 (R6,3 miljoen) gekos en die koek $40 000 (R364 000).

Chelsea Clinton en Marc Mezvinsky

– $5 miljoen (R45 miljoen) in 2010 –

Die dogter van die voormalige president van die VSA het in ‘n Vera Wang-rok getrou. Die veiligheidsmaatreëls by dié troue was ekstra streng. Geen fone met kameras is toegelaat nie en die lugruim bo die onthaalsaal is tydens die troue verklaar tot ‘n geen-vlieg-sone.

Chelsea Clinton en Marc Mezvinsky

Daar was sowat 500 gaste, waaronder die kletskoningin Oprah Winfrey.

Kim Kardashian en Kris Humphries

– $6 miljoen (R54 miljoen) in 2011 –

Kim het op haar spesiale dag 3 rokke gehad wat altesaam $60 000 (R546 000) gekos het, maar sy het dit verniet gekry. Haar 2,5-karaat verloofring van Kris het glo $2 miljoen (R18 miljoen) gekos.

Kim Kardashian en Kris Humphries

Hoewel haar troue ongeveer $6 miljoen gekos het, het Kim glo baie afslag troue gekry. Die prys van haar blomme alleen was blykbaar $2 miljoen (R18 miljoen)! Die swart-en-wit troukoek was 7 lae en byna 1,5 m hoog!

Wayne Rooney en Colleen Mcloughlin

– $8 miljoen (R72 miljoen) in 2008 –

Die bekende sokkerster-vrou se rok is deur Marchesa ontwerp. Die 65 trougaste is na Genua in Italië gevlieg vir ‘n gemaskerde bal op ‘n luukse seiljag.

Wayne Rooney en Colleen Mcloughlin

Die gaste is vir ‘n paar dae in ‘n 5-ster-hotel bederf.

Prins William en Kate Middleton

– $34 miljoen (R309 miljoen) in 2011 –

Kate se pragtige rok is ontwerp deur Sarah Burton (die kreatiewe bestuurder van die ontwerpershuis Alexander McQueen) en dit is glo $434 000 (R3,9 miljoen) werd.

Die troue is regstreeks uitgesaai en nagenoeg 2 biljoen mense het dit op die kassie gevolg.

Prince William en Kate Middleton

Hulle het twee troukoeke gehad – ‘n vrugtekoek en ‘n sjokoladekoek – wat prins Charles vir hulle teen $80 000 (R728 000) gekoop het. Die blomme vir die troue het byna $800 000 (R7,2 miljoen) gekos.

Prins Charles en lady Diana Spencer

– $48 miljoen (R437 miljoen) in 1981 –

Diana se rok van David en Elizabeth Emanuel het ‘n 7,5 m-lange sleep gehad en was van antieke kant gemaak.

Diana en Charles

Die troue was by die St. Paul-katedraal en is deur ongeveer 750 miljoen mense op die televisie gekyk. Diana se verloofring (wat William aan Kate gegee het) het sowat $60 000 (R546 000) gekos.

Die 1,5 m-hoë troukoek het blykbaar 14 weke geneem om te maak. Daar was ook ‘n duplikaat koek vir ingeval daar iets met die eerste koek gebeur.