FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Die een ding wat Nigella uit die egskeiding wou hê

Nigella het verlede jaar in die media-kollig van die multimiljoenêr Charles Saatchi geskei, en volgens Hello! het sy net een vereiste gehad – sy wou die inhoud van haar kombuis hê.

Nigella het nie van Charles geld gevra ná hul egskeiding nie. Al wat sy wou hê, was die inhoud van haar kombuis. Die 54-jarige TV-sjef het na bewering net dié vereiste gehad.

Nathaniel Goldberg, ’n vriend van Nigella, het aan Vogue gesê Nigella is steeds dieselfde mens as voor die insident wat glo die skeisaak veroorsaak het: Sy hou van die fyner dinge in die lewe – goeie kos, goeie gesigroom en goeie linnegoed.

Sy het ook ’n partytjie gehou vir haar vriende wat haar tydens die skeisaak ondersteun het. Nigella sê sy het net mense genooi voor wie sy nie skaam sal wees om in haar sokkies, leggings en sonder grimering te verskyn nie.

Dit lyk asof Nigella positief gebly het ondanks die moeilike tyd. Sy het op die TV-joernaalprogram Good Morning America gesê dit was vir haar aaklig dat haar private lewe en verdraaide waarhede in die openbaar verskyn het. Sy het bygevoeg:

Daar is mense wat deur baie slegter omstandighede as ek gaan. Om op my probleme te fokus sal lei tot selfbejammering – en dít wil ek nie doen nie.

Nigella is nie net deur die egskeiding nie, maar is ook betrek by ’n hofsaak oor bedrog tussen Charles en twee van haar voormalige assistente. Hierin het dit uitgekom dat Nigella dwelms misbruik het - lees hier meer oor dié saak.

Bron: Hello!