Het jy gehoor?

Die een ding wat Victoria nié voor Harper doen nié

Victoria Beckham vertel in die Duitse tydskrif Icon waarom sy nooit grimering aansit as haar enigste dogter, Harper, in die omtrek is nie.

Victoria en Harper Beckham

FOTO: Victoria en Harper net na haar geboorte

Die skindertonge was in 2011 los toe Tom Cruise en Katie Holmes se dogter, Suri, toe 5 jaar oud, rooi lipstiffie gedra het. Verlede jaar het Heidi Klum onder dieselfde kritiek deurgeloop toe haar 2-jarige én 8-jarige dogters ook lipstiffie gedra het.

Haper wat tussen drie broers (die 14-jarige Brooklyn Joseph, die 10-jarige Romeo James en die 8-jarige Cruz David) grootword, is volgens ma Victoria met tye ‘n ware rabbedoe. Sy wil nie hê haar dogter moet op so ‘n jong ouderdom reeds die idee kry dat sy grimering móét dra nie.

Harper Beckham

FOTO: Kyk hoe pragtig is Harper!

[box:full:red:both]

Nóg twee dinge wat Victoria nie sal doen nie:

  1. Nadat die Beckham-gesin teruggetrek het Engeland toe, het almal gedink Victoria sal nou haar ontwerpersreeks, VB, eerder in Londen as in New York uitstal. VB staan al 10 seisoene sterk en het ‘n goeie gleuf in die New York-modekalender. Volgens haar gaan sy nie iets regmaak as dit nie gebreek is nie – Londen sal maar moet wag vir haar reeks. 
  2. Victoria het aanvanklik bekendheid verwerf as Posh Spice in die gewilde sanggroep Spice Girls in die negentigerjare. Maar sy sê sy sal nie weer professioneel sing nie.

Ek sing soos alle ma’s saam met my kinders in die kar.

[/box]

Addisionele bronne: Huffington Post

Wat dink jy van Victoria se besluit om nie vir Harper aan grimering gewoond te maak nie?