Het jy gehoor?

Die eerste Afrikaanse ‘chick’-fliek: Hier’s die voorprent!

Geliefde akteurs soos Anel Alexander, Nico Panagio, Diaan Lawrence, Sandra Vaughn en Paul du Toit sal in dié fliek te sien wees. Die storie kom uit die pen van Sandra Vaughn van Getroud met rugby-faam, en Anel en haar man, James, vervaardig die fliek. Joshua Rous behartig die regie.

Die storie gaan oor Jaci van Jaarsveld wat alles in haar vermoë probeer om die boetiek-advertensie-agentskap waarvoor sy werk te red uit die kloue van ’n roekelose sakeman bekend as “The Jackal”.

Sy hoop dat ’n bekende wynlandgoed-familie, wat moontlik ’n reuse-kontrak aan haar sal toestaan, die agentskap kan red.

Om die kontrak te kry is nie ’n maklike taak nie. Maar sy is bereid om enigiets te doen om te kry wat sy wil hê… sy oorreed selfs iemand om haar verloofde te speel sodat sy die kliënt kan beïndruk.  Op die landgoed begin dinge tussen Jaci en haar sogenaamde verloofde skeefloop, met skreeusnaakse gevolge.

“Ons is so opgewonde oor hoe die span die storie lewe gee. Die oudisies was skreeusnaaks! Ons weet net dat gehore gaande sal wees oor dié aspirerende ‘glitzy’ komedie, met wonderlike karakters, histeriese oomblikke en innemende storielyn,” vertel Anel en James Alexander, vervaardigers van Semi Soet.

Daar is vir sowat 18 maande aan die draaiboek gewerk en die hele span sien ongelooflik baie uit na die produksie van Semi Soet. Dit word in die Kaapse wynlande en in Johannesburg verfilm.

Vrystelling word vir 2012 beplan.

Hier’s die eerste kykie na die voorprent van Semi-Soet:


  • Conrad

    "Die eerste romantiese komedie in Afrikaans" – watter snert is dit tog! Al ooit gehoor van Snip en Rissiepit, bv.?

  • Trevor

    Hierdie hierinner my baie aan die draaiboek vir Bertrand Retief se "Boland" van 1974.

  • Petro

    Klink lekker, sien uit daarna!!

  • petra jager

    sien baie uit na die fliek sterkte daarmee

  • Louise

    Snip en Rissiepit is argaies wanneer laas is iets lekker gedoen in die moderne hedendaagse tyd?? Ek sien baie uit – is lus vir iets nuuts en vars in Afrikaans wat romanse aanbetref!!

  • joudene

    Ek is so opgewonde kan nie wag om die fliek te sien om te dink hier in ons land en dit klink so goed

  • Annatjie Kruger

    Wanneer gaan SA draaiboek skrywers aan ‘n oorspronklike idee dink en nie die oorsese rolprente slaafs navolg nie.

  • Vanessa

    Ek is mal oor die idee! En ek sien baie daarna uit – dis hoogtyd!! En Snip en Rissiepit is OER oud – niemand onder 40 weet meer daar was ooit so iets nie!

  • Soeker

    Ek soek ook ‘n rol in die prent asseblief, moeg vir my werk……

  • Gert van die Kaktusvlakte

    Kan nie wag nie! Dit is hoogtyd vit so iets relevant en vars.

    O ja – nee, Conrad, nog nooit gehoor daarvan nie. Ek vermoed hulle praat van rolprente in bestaande menseheugenis.

  • Nina

    Kannie waggie – hoe lank nog?!?!?

  • Michele

    Kan nie wag nie!!! Eks sekerlik Sandra se grootste fan!!!

  • johann

    Hoekom nie vir ‘n slag ANDER AKTEURS gebruik nie??

  • Trevor

    Dankie, Conrad! 🙂

  • Suzette

    Ek sien vreeslik uit daarna. Dit klink na hope pret! Wat maak dit enigsins saak wat in ander films gebeur het? Hierdie is ‘n nuwe vars een. Dankie dat julle vir ons NUWE Afrikaanse films gee – wat ons defnitief sal ondersteun. Eg Afrikaans bo!

  • Antoinette

    Jippeeeee!!!! 🙂

  • Izelle

    Hoogtyd vir ‘n Afrikaanse romantiese komedie met moderne tekste, tonele en plekke. Alhoewel uitstekend op hul tyd, is daar waarskynlik baie Suid-Afrikaners (uit alle taalgroepe) wat nie Boland of Snip en Rissiepit in hul verwysingsraamwerk kan tel nie, maar wel bekend is met Nico, Sandra en Anél agv hulle onlangse verskyning in ons huise in ‘n reeks suksesvolle programme. Akteurs soos hulle wat weer hul steun vir ‘n nuwe romantiese komedie in Afrikaans gee, bring ons taal net weer tot ‘n nuwe vlak. Vars, relevant en jonk … sien baie uit!!!

  • Elize

    Ek is so opgewonde hieroor, kan nie wag nie! En omtrent al my gunsteling akteurs speel daarin, dit kan net ‘n sukses wees!!!

  • Carmen

    Hoogtyd vir iets vars! Sien baie uit na SA sy eerste Chick Flick!

  • Carmen

    Hoogtyd vir iets vars! Sien baie uit na SA sy eerste Chick Flick!

  • Martie

    "Snip en Rissiepit?? Dis in die geskiedenisboeke – "Semi Soet" klink na ‘n lekker, lewendige storie in hedendaagse Afrikaans wat in die Boland afspeel!! Goeie akteurs en ‘n goeie regisseur – sien BAIE uit daarna!!

  • Conrad

    Mense, Snip en Rissiepit is net ‘n voorbeeld om te wys dat daar al voorheen Afrikaanse romantiese komedies was – en Semi Soet kan dus nie die eerste wees nie, al staan die bemarkers op hulle koppe! Terlooops, die fliek klink min of meer net so "appealing" soos die styl van wyn waarna dit vernoem is.

  • Sue

    Na 30 jaar is dit tyd dat daar ‘n nuwe Afrikaanse romantiese komedie vrygestel word! Hou so aan ouens, sien baie uit om die nuwe fliek te sien!

  • Step

    Beste Afrikaanse Romantiese fliek ooit : "Kiepie en Kandas"

  • Trots Afrikaans

    Hi Conrad en van die ander, in stede daarvan om negatief te wees en gal te braak is dit dalk tyd dat ons Afrikaanssprekendes ons Afrikaanse akteurs ondersteun en aanmoedig!!!??!!! Ek dink dis WONDERLIK dat hulle iets vars en nuuts vir ons bring en Snip en Rissiepit is al in vergetelheid gedompel (wel, behalwe natuurlik vir ouens soos julle wat blykbaar elke sin uit die fliek onthou). En nee, dit is nie dieselfde as ‘Boland’ nie Trevor. Aan Anel, Nico en die ander: Dankie dat julle ten spyte van die moeilike bedryf en hemelhoe kostes nogseeds vasbyt en vir ons ‘n goeie Afrikaanse fliek gee. Kan nie wag nie, doe zo voort!!!!

  • Sandra

    ‘n opwindende tydperk vir die afrikaanse film industrie inderdaad! Daar is baie dinge wat uit eie bodem kan gebeur wat wêreldgehalte is, hulle is net nie altyd op openbare platforms geplaas nie. Ek dink dis hoogtyd dat Afrikaans sy plek volstaan, hoekom nie?!

  • Linda

    Ai, ek kan nie wag nie!! Ek hoop dit is die begin van baie!

  • Anna-Marie

    Ons wag, die vrou mag maar n pen optel en skryf baie geluk.

  • Q D Papenfus

    Conraad dit is nie nodig om afbrekend te wees nie . Hoe kan jy se dis snert as jy nog nie die volengte rolprent gesien het nie . Tipies soos party Suid Afrikaners is , altyd negatief as dit oor ons produkte gaan . Kom tog by asseblief. Ons het nie negatiewe mense nodig nie ! Daar was al reeds n voorskou oor die rolprent en die resensente is gaande . Toemaar ou vriend jy gaan nog jou woorde sluk !

  • Chantelle

    Snip en Rissiepit, Kippie en Kandas????? Dis lank voor my tyd!! Kan nie wag vir Semi-Soet nie!!! Hou so aan met die afrikaanse films!!!

  • Cobus van den Berg

    Baie geluk ouens. Ons sien vreeslik uit en weet net dat iets wat deur James en Anel en kie se hande is sal positief wees!!! Julle doen baanbreker werk.

  • Son

    Ek is bly dit is iets ligs wat ‘n mens vir ‘n slag kan laat goed val in plaas van die tipiese swaar, neerdrukkende, ontstellende goed.

  • Hermina Milushev

    Klink baie belowend. Niks beter as n goeie romantiese-komedie nie.

  • Linda Laing

    Suid Afrikaanse televisie op sy beste!!!!

  • zelda

    Ek was mal oor die fliek maar nou soek ek met alle mag die rok wat anel aangehad het die aand met die dans waar kan ek daai rok in die hande kry !!!!!!!!!!!!!!!!!!!