eden_newcover
Het jy gehoor?

Die einde van Eden?

Volgens Paulo Azevedo, een van die driemanskap, beteken dit nie dat die groep opbreek nie. “Ons wil almal net vir die res van die jaar op ‘n paar ander projekte fokus. Ons gaan almal verras met ‘n paar groter optredes einde vanjaar en begin volgende jaar.”

Jay se album, Solo, is onlangs uitgereik en dit het reeds byna platinum-status bereik. Solo is ook al vyf weke lank die nommer 1 op DKNT, kykNET se top-10-program op Saterdagaande.

“Ek en Johan [Vorster] het saam met Jay besluit dis tyd vir sy solo-album. Johan het die liedjie ‘Melanie’ geskryf,” vertel Paulo.

Daar is wel ‘n nuwe album wat hulle saam gaan opneem aanstaande jaar – so die einde van Eden is dit darem nog nie.