Het jy gehoor?

Die Flooze – soos julle haar nog nooit gesien het nie!

Maar te oordeel aan die eerste beskikbare foto’s, is hierdie ‘n Flooze wat ons nog nooit gesien het nie! Wat sou met haar gebeur het?

Niemand wil ‘n woord sê nie, behalwe dat Diederik en Snotkop (ja, die regte, egte hy) daarby betrokke is. Soos gewoonlik rev sy die hele Hillside se engines en wys vir Blondie sy’s ‘n ware tjomma deur dik en dun. Sy leer ken ook ‘n ander sy van daai alien met die akkedisarmpies.

Maar eintlik is hierdie iets wat julle saam met die Laners moet beleef.

* Dié episode met “‘n opkikkering van epidermiese proporsies” sal 17 Januarie uitgesaai word.

WAT DINK JY IS DIE STORIELYN?