FOTO: Clinton Lubbe

Het jy gehoor?

Die Flooze is swanger

Die sangeres Sorina Erasmus, beter bekend as die Flooze, het vanoggend op Facebook aangekondig dat sy swanger is en hul eersteling verwag.

“Tyd om die GOEIE NUUS met die hele wêreld te deel: Ek en manlief verwag ons eersteling! Alle eer aan ons HERE GOD wat nuwe lewe gee,” het Sorina vanoggend op haar Facebook-blad geskryf. En sy het dié foto saam met dit opgesit.

1267484_632339896816543_204967373_o

Sy het op 13 September dié troufoto van hulle op haar Facebookblad gedeel:

“Vandag 5 jaar getroud met my lief liewer liefste mansmens. Dankie Braam vir jou liefde wat jy in oorvloed gee en jou lewe wat jy met my deel. Ek is steeds dol verlief op jou en totaal verlore sonder jou!!!!! Alle eer aan GOD vir n geseënde huwelik.”

859584_622404304476769_1035199584_o