FOTO: Instagram  @laurenconrad

FOTO: Instagram @laurenconrad

Het jy gehoor?

Die Gary Rom-blog: Haarkleur-trends vir lente 2014

Die span wat bekendes soos Melinda Bam, Karlien van Jaarsveld, Dunay van Heerden en Rolene Strauss se kapsels versorg, deel hul beste haarwenke. Vandag vertel Natascha Hall, ’n meester-haarstileerder by Gary Rom Woodlands, vir ons meer oor die nuutste trends vir lente-hare. 

Daar is geen beter manier om die koms van ’n nuwe seisoen te vier as met ’n pragtige nuwe voorkoms nie… Met die tekens van die eerste sonstraal of lenteblom is ons geneig om ook ons haarkleur te verander.

Haarkleur-trends vir lente

Karamelbruin

Ek is absoluut mal oor hierdie kleur se eenvoud en die natuurlike ligte sonstrepies.

Sagte pastelle

Ek hou van die voorkoms se speelse gevoel. Dit is geskik vir vroue met blonde en bruin hare – dit skep sommer ’n lente-gevoel!

Blond met donkerder wortels

Somerblond is steeds ’n treffer, maar dié seisoen is die kleur effens donkerder by die wortels – ’n trend wat ons nog lank gaan sien!

Dra dit só

Jy het nou die perfekte haarkleur, nou kan jy lekker speel! As jy lang hare het, stileer dit in sagte romantiese krulle en maak dit vas in ’n boheemse styl. Dit is maklik en sal vir seker die lente in jou hare sit.

Vrolike lente!

tash copy copy

*Natascha Hall is ’n meester-haarstileerder by Gary Rom Hairdressing Woodlands (012 997 5468)