FOTO: Instagram @stacyartofhair

FOTO: Instagram @stacyartofhair

Het jy gehoor?

Die Gary Rom-blog: Haarbykomstighede vir somer 2014/5

Die span wat bekendes soos Melinda Bam, Karlien van Jaarsveld, Dunay van Heerden en Rolene Strauss se kapsels versorg, deel hul beste haarwenke. Vandag vertel Anja, haarstilis by Gary Rom Brooklyn, vir ons meer oor die trends in bykomstighede vir somerhare.

Soos ek nou begin skryf, raak ek opgewonde oor al die haarbykomstighede vir die seisoen!

Blomkranse

Die een ding wat vir my die meeste uitstaan, is blomkranse. Dit dra vir seker ook by tot die boho-styl wat nou hoogmode is.

FOTO: Instagram  @meliunicci

FOTO: Instagram @meliunicci

FOTO: Instagram  @crazzy_jin

FOTO: Instagram @crazzy_jin

 

Kettings

Juweliersware soos kettings om jou kop en in jou hare is ook nou baie gewild.

FOTO: Instagram  @grace_bijoux

FOTO: Instagram @grace_bijoux

FOTO: Instagram  @maisonvalentino

FOTO: Instagram @maisonvalentino

Kopbande en serpe

Kopbande en -serpe is ’n treffer vir die somer – en vroue met lang en kort hare kan dié trend omarm. Haarserpe kan selfs om ’n bolla gedra word om dit groter te laat lyk.

FOTO: Instagram @kitsunekun

FOTO: Instagram @kitsunekun

FOTO: Instagram @stevelleblog

FOTO: Instagram @stevelleblog

Jy kan ook jou hare in die kopband insteek wanneer jy dit wil op dra. Dit is maklik genoeg en lyk soos meer moeite as wat dit is – perfek!

Die perfekte bolla

Om die perfekte bolla te kry, gebruik die haar-donut. Dit verrig wonders, veral vir iemand met fyn hare. Kry jou hare in plek met ’n rekkie en ’n paar knippies (bobby pins).

Klik hier om stap vir stap te sien hoe om die perfekte bolla te maak.

Knippies

Gepraat van …’n heruitvinding vir ’n bobby pin! Jy kan hierdie seisoen beslis ver kom met dié staatmakers. Jy kan hulle gebruik om verskillende interessante patrone te maak – gee die kreatiewe deel van jou brein vrye teuels!

FOTO: Instagram @kickaboopelu

FOTO: Instagram @kickaboopelu

FOTO: Instagram @flywiththestylebar

FOTO: Instagram @flywiththestylebar

Kamme en strikke

Haarkammetjies met mooi detail en haarstrikkies is ook nou groot is … Die opsies is omtrent eindeloos!

anja gary rom

 

*Anja is ’n senior stilis by Gary Rom Hairdressing Brooklyn (012 346 3374).