FOTO: Instagram / @KensingtonRoyal

FOTO: Instagram / @KensingtonRoyal

Het jy gehoor?

Dié gaste word by prinses Charlotte se doop verwag

Daar word met groot afwagting bespiegel oor die gastelys vir prinses Charlotte se doop op Sondag by die St. Mary Magdalene-kerk in Sandringham, berig Hello!.

Die doop sal die eerste geleentheid wees waar prins William, Kate, prins George en prinses Charlotte as gesin in die openbaar verskyn en koningin Elizabeth en prins Philip sal ook daar wees. Die doop is juis só gereël dat dit plaasvind voor die koningin op haar somervakansie na Balmoral in Skotland vertrek, berig Hello!

Prins Harry sal ongelukkig nie daar wees nie weens ander verpligtinge op sy drie maande besoek aan Afrika om bewaring te bevorder.

Prins Charles, sy vrou, Camilla Parker Bowles, sowel as Kate se ouers word by die seremonie verwag. James en Pippa Middleton, Kate se broer en suster, behoort ook daar te wees.

Prinses Charlotte se peetouers is nog nie bekend gemaak nie. Daar word gegis dat prinses Beatrice, prinses Eugenie en Pippa Middleton moontlik dié posisie sal beklee.

Lees ook