Blake Lively

Het jy gehoor?

Die geheim van Blake Lively se voorkoms

Wonder jy wat die geheim agter aktrise Blake Lively se beeldskone vel en lyf is? Sonbrandroom, velsorg, grimeerverwyderaar … en sjokolade!

Sjokolade neem die skoonheidswêreld oor

“Ek kan nie my dag sonder ’n beker warm sjokolade begin of dit afsluit sonder ’n paar blokkies donkersjokolade nie,” sê sy in ’n onlangse onderhoud met Contactmusic. Sy glo juis dis te danke aan haar suikertand en die sjokolade wat sy gereeld eet wat haar maer en vol selfvertroue hou.

“Dit laat my gelukkig voel,” verklap Blake. En daarom kan sy ’n aktiewe leefstyl handhaaf, alhoewel sy nie ’n vaste oefenroetine volg nie.

Die bestanddele wat sjokolade lekker maak

blake_lively_covers_lucky_magazine_september_2013_300wDié nuwe gesig van L’Oréal sê haar skoonheidsroetine bestaan uit drie belangrike stappe: grimering afwas, velsorg en sonbeskerming.

Blake Lively vir L’Oréal

“Ek het ’n obsessie met sonbeskerming,” erken die Gossip Girl-ster wat altyd sonskerm met ’n sonbeskermingsfaktor (SBF) van minstens 30 dra. Tans gebruik sy sommer ’n BB-room met ’n SBF van 30.

 

Volg Blake se raad met Estée Lauder Day Wear BB Anti-Oxidant Beauty Benefit Creme SPF 35 (R460) of Garnier BB Cream Oil Free Light (R85).

FOTO: verskaf

FOTO: verskaf

 

Maak ook elke aand seker al jou grimering is afgewas met Johnson’s Face Care Daily Essentials Refreshing Cleansing Wipes for Normal Skin (R45).

 

 

 

Addisionele bron: www.contactmusic.com